Feliway® is 'n sintetiese nabootsing van die kat gesigs feromoon
Feliway® is 'n sintetiese nabootsing van die kat gesigs feromoon, wat deur katte gebruik word om hul grondgebied te merk as 'n veilige en beskermde gebied.
SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
FELIWAY® SPRAY
AANDUIDINGS:
Om urienmerking deur die kat te voorkom of te stop.
Om die kat te troos in 'n onbekende of stresvolle omgewing (mandjie, hok, motor, vakansies, nuwe huis, ens)
FELIWAY® kan in ander spesifieke gevalle gebruik word en ons raai jou aan om met jou veearts te gesels oor die gebruik van die produk.
BERGING:
Berg teen kamertemperatuur.
SAMESTELLING:
Analoog van Kat Gesig Feromoon ........ ... ... ............ 10 %
Draer ….................................................. ................ 90 %
EIENSKAPPE:
Hierdie innoverende en gepatenteerde produk het 'n paar van die eienskappe van kat gesig feromone. Feromone is chemiese stowwe wat afgeskei word deur diere wat hul grondgebied wil bevestig en om met ander katte te kommunikeer. Die kat gebruik gewoonlik gesig feromone om homself vertroud te maak met sy omgewing.
Oppervlaktes wat met hierdie feromone gemerk is word deur die kat herken as bekend en vertroostend. Gesig feromone word op voorwerpe gesmeer deur met die kant van die gesig daarteen te vryf. Nog ‘n eienskap van gesig feromone is om urienmerking te verhinder wanneer dit op 'n area aangewend word.
Die urienmerking behels 'n goed erkende gedragsvolgorde waar die kat:
- 'n Vertikale oppervlakte kies
- Op die vloer rondtrap
- Sy rug draai na die oppervlak
- Sy stert in 'n vertikale posisie lig, terwyl hy bly staan
- Die oppervlak met 'n horisontale straal uriene bespuit
Die kat sal hierdie gedragsvolgorde van urienmerking volg:
- Gedurende 'n tydperk van seksuele aktiwiteit
- Wanneer daar veranderinge in sy omgewing plaasvind (nuwe aankomelinge - mens of dier, nuwe voorwerpe, nuwe meubels, verhuising, reis of enige ander gebeurtenis wat die kat as stresvol beleef).
Urienmerke wat op hierdie manier gemaak word, word gekenmerk deur 'n sterk reuk, selfs al is die hoeveelheid uriene gewoonlik klein, en word dit sowat 20 cm bo die vloer gevind.
VOORSORGMAATREËLS EN WAARSKUWINGS:
Die produk sal nie vlek of merke laat nie. Nogtans, as gevolg van die wye verskeidenheid van materiale wat gebruik word in meubels, raai ons aan dat jy die produk op ‘n plek - wat nie maklik sigbaar is nie - toets voor dit gebruik word.
Vir die beste resultate moet produk tot kamertemperatuur gebring word deur dit vir sowat 1 uur voor jy dit gebruik in die kamer te plaas. Dit moet voor gebruik goed geskud word.
Vlambaar. Hou weg van alle oop vlamme. Moet nie rook nie. Hou buite bereik van kinders. Hou die houer dig verseel.
DOSIS EN ADMINISTRASIE:
Om urienmerking te stop:
FELIWAY® moet direk op die plekke gespuit word wat deur die kat bevuil is, asook op prominente voorwerpe wat vir die kat aantreklik kan wees. 'n Enkele dosis (een druk van die spuitkop) moet daagliks aangewend word, ongeveer 10 cm van die voorwerp af. Hou die spuitkannetjie vertikaal. Die spuit moet toegedien word op 'n hoogte van sowat 20 cm van die vloer af.
Die behandeling kan gestop word sodra die kat self die voorwerpe met sy kop begin vryf en dit met sy eie gesig feromone merk. Indien dit nie waargeneem word nie, moet die behandeling voortgesit word vir 1 maand.
Die metode van gebruik moet in die volgende omstandighede verander word:
Seksueel opgewonde katte:
Wanneer 'n mannetjieskat voorwerpe merk in reaksie op die teenwoordigheid van 'n wyfiekat wat op hitte is (dit gaan gewoonlik gepaard met ‘n voortdurende geroep), is dit nie nodig om Feliway® op alle prominente voorwerpe wat vir die kat aantreklik is aan te wend nie. In so ‘n geval is dit gewoonlik voldoende om FELIWAY® slegs te spuit op gemerkte plekke, wat gewoonlik naby deure en vensters is.
Veelvuldige kat huishoudings:
Die risiko van urienmerking is groter wanneer daar 'n paar katte in 'n huishouding teenwoordig is. Die aanwending van FELIWAY® moet verhoog word tot twee of drie keer per dag op gemerkte areas en een keer per dag op prominente voorwerpe wat vir die kat aantreklik is.
Bejaarde katte:
Met bejaarde katte mag dit nodig wees om FELIWAY®daagliks te gebruik vir 45 dae, op die wyse hierbo beskryf, daarna een keer elke 2 - 3 dae vir so lank as nodig.
Belangrik:
Die gebruik van baie skoonmaakmiddels en ontsmettingsmiddels sal die waarskynlikheid van urienmerking deur die kat verhoog. Dit is noodsaaklik dat die vuil plekke nie met bleikmiddels of skoonmaakmiddels, of hul derivate, skoongemaak word nie.
Om urienmerking te verhoed:
Ten einde urienmerking deur 'n kat te voorkom (nuwe huis, vakansie verhuring, ens):
FELIWAY® moet een keer per dag op prominente voorwerpe wat aantreklik is vir die kat, gespuit te word. Een druk van die spuitstuk moet gebruik word, ongeveer 10 cms van die voorwerp af, op 'n hoogte van 20 cm van die vloer af.
Om 'n kat vertroud te maak met ‘n nuwe omgewing:
Vir vervoer in 'n hok of dramandjie, spuit die binnekant van die hok met FELIWAY®, ‘n paar minute voor die kat daarin geplaas word.
Vir vervoer in 'n motor of ander voertuig, spuit 3 - 4 keer op die kat se gewone plek in die voertuig voordat jy die kat insit. Wanneer die kat na ‘n losiesplek gaan, spuit elke hoek van die kathok voor die kat daar ingaan. Herhaal die bespuitings daagliks totdat die kat self sy kop begin vryf in die gebiede wat bespuit is.
AANBIEDING:
60 mℓ spuitkannetjie
VERVAARDIG DEUR:
CEVA Sante Animale
Libourne
Frankryk