Feliway® is 'n sintetiese nabootsing van die kat gesigs feromoon
Feliway® is 'n sintetiese nabootsing van die kat gesigs feromoon, wat deur katte gebruik word om hul grondgebied te merk as 'n veilige en beskermde gebied.
SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
FELIWAY® SPREIER
Wanneer 'n kat veilig en gemaklik voel in sy omgewing, vryf hy sy kop teen die meubels, muurhoeke of die onderkant van die gordyne, wat dan die gesig feromoon agterlaat. Hierdie feromoon is spesifiek tot katte en dra 'n boodskap van veiligheid en geborgenheid.
Feliway® is 'n sintetiese kopie van hierdie feromoon en stel katte gerus en help hulle om aan te pas by veranderinge in hul omgewing, of ander stresvolle situasies.
Kat stress
Dit is nou algemeen bekend dat kat stres 'n verskeidenheid van gesondheids probleme kan veroorsaak en die kat se gedrag kan beïnvloed.
Algemene stres-verwante gedragsprobleme sluit in:
• urienmerking
• vertikale krappery
• oordrewe-versorging
• spanning of inter-kat konflik.
Algemene stres verwante medieseprobleme sluit in:
• sistitis
• alopecia (Kaalsiekte, haarverlies)
• anoreksie
• vetsug
Kat spanning of stres kan veroorsaak word deur 'n stresvolle gebeurtenis of as gevolg van 'n deurlopende probleem binne die huis.
INDIKASIES:
• Help voorkom of stop binnenshuise urienmerking en krappery.
• Help voorkom of verminder konflik tussen katte en herstel harmonie in jou huishouding.
• Gerusstelling van katte in moeilike situasies soos:
- Verhuising
- Huis opknapping of herversiering
- Nuwe aankomelinge ('n baba, 'n nuwe troeteldier)
- Partytjies (vuurwerke, Kersfees, ens)
Feliway® kan ook gebruik word onder leiding van 'n veearts of 'n kat gedragsberader om stresverwante gedrags- of mediese probleme te help oplos.
BERGING:
Bêre in 'n stofvrye omgewing wanneer nie in gebruik is nie.
SAMESTELLING:
F3 fraksie van kat gesig feromoon ................................................. 2 %
Draer qs ................................................ .................................... 100 g
Dek 500 - 750 vk ft. / 50 - 70 m2
PRODUK INLIGTING:
Feliway® is spesifiek ontwerp vir katte. Dit is reukloos, is nie ‘n kalmeermiddel nie en het geen effek op mense of ander diere nie.
Kan saam met beide kruie en tradisionele medisyne gebruik word
Feliway® is nie 'n veterinêre medisyne nie, daarom as daar tekens van siekte is, raadpleeg u veearts.
Gebruik slegs die Feliway® Hervul met die Feliway® Spreier. Die eienskappe van die produk kan nie gewaarborg word as 'n ander toestel gebruik word nie.
Die Spreier moet voortdurend ingeprop bly.
Die Spreier eenheid moet vervang word na ses maande gebruik, of na die gebruik van ses hervullings.
Die Feliway® Spreier toestel is getoets en goedgekeur deur Underwriters Laboratories (UL).
GEBRUIKSAANWYSINGS:
1 Verwyder die prop van die flessie.
2 Skroef die flessie aan die spreier en draai liggies vas.
3 Prop die spreier in 'n elektriese muurprop vir een maand.
Elke flessie hou vir ongeveer 4 weke, alhoewel lug omset en spreier ligging sal bepaal hoe vinnig die vloeistof versprei, dit moet dus slegs as 'n riglyn oorweeg word. Dit word aanbeveel dat die spreier nagegaan word 'n paar dae voor hervulling, m.a.w. drie en 'n half weke na die Feliway®Spreier ingeprop was.
'n Aftrek plakker kom voor op elke Feliway® Hervul flessie. Hierdie plakker moet op 'n kalender of dagboek geplak word om jou te herinner wanneer jou Feliway® Spreier nagegaan moet word.
Om binnenshuise urienmerking of krappery te voorkom:
Moet nie gemerkte areas was met produkte wat ammoniak of bleikmiddel bevat nie, aangesien katte baie sensitief is vir hierdie reuke. Water, chirurgiese alkohol of 'n urien verwyderings produk, soos Urine-Away™, moet gebruik word vir die behandeling van vuil areas. Vir meer inligting, verwys na die gereëlde vrae (FAQ) gedeelte van hierdie voubiljet.
• Prop ‘n Feliway® Spreier in, in die kamer waar merking plaasgevind het, of in die kamer wat meer gereeld deur die kat gebruik word.
• Laat die Feliway® Spreier aaneenlopend ingeprop vir ten minste 4 weke.
• Feliway® Sproei kan gebruik word in samewerking met die Feliway® Spreier, soos nodig.
• Die behandeling kan gestaak word sodra jy waarneem dat die kat oppervlaktes met sy kop skuur en met sy eie gesig feromone merk. Indien dit nie waargeneem word nie, hou aan vir ten minste nog 1 maand. Vervang hervuller soos vereis.
• Onmiddellike resultate mag gesien word, maar alle gevalle is anders en die merking kan verminder word met verloop van tyd.
• Indien 'n kat ‘n geskiedenis het van urien spuiting, moet die Feliway® Spreier ingeprop word 48 uur voor 'n stresvolle gebeurtenis, bv nuwe troeteldier, huis opknapping, besoekers, vakansies, verhuising, ens.
Om konflik tussen katte te help voorkom of te verminder en harmonie in jouhuishoudingte herstel:
• Die Feliway® Spreier moet ingeprop word in die kamer wat meer gereeld deur die katte gebruik word, om die algemene stres vlakke te verminder
• Laat die Spreier ingeprop vir ten minste 4 weke of totdat probleme verminder. Vervang hervul soos benodig.
• Die Feliway® Sproei kan gebruik word in samewerking met die Feliway® Spreier om verdere gerusstelling te bied indien nodig.
Stresvolle situasies – Verandering van omgewing (bv. verblyf in losies of veearts kliniek, 'n nuwe huis of enige ontwrigting in die kat se grondgebied (baba, 'n nuwe troeteldier, kat, hond, ens)
• Die Feliway® Spreier moet ingeprop word in die kamer wat meer gereeld deur die katte gebruik word
• Laat die Spreier voortdurend ingeprop bly vir ten minste 4 weke of totdat probleem afneem.
• Die Feliway® Spuit kan gebruik word in samewerking met die Feliway® Speier om verdere gerusstelling te bied.
Gedrags- en omgewings-veranderings mag nodig wees en advies moet verkry word van jou veeartseny praktyk.
VOORSORGMAATREËLS :
Gebruik slegs in 'n behoorlik funksionerende 120-volt elektriese muurprop.
Moet nie bedek of onder meubels plaas nie. Dit mag verspreiding van die produk benadeel of merke laat.
Moet nie die toestel met nat hande insit of uithaal nie. Wanneer toestel ingeprop is, moet nie daaraan raak met metaal voorwerpe of nat hande nie.
Die interne dele van hierdie toestel word baie warm sodat verdamping van die aktiewe bestanddeel kan plaasvind. Moet nie tydens gebruik hierdie oppervlaktes aanraak nie.
Moet nie die toestel oopmaak, of enige interne dele op enige manier wysig nie. Indien dit onklaar sou raak, kontak ons asseblief.
As die oplossing in kontak kom met die vel, was deeglik met seep en water.
In die geval van kontak met oë, was dit onmiddellik met water en kry mediese advies.
As die oplossing, of enige deel van die toestel ingesluk word, kry dadelik mediese behandeling, en neem alle verpakkingsmateriaal saam vir verwysing.
Wanneer dit nie in gebruik is, hou buite bereik van kinders.
Raak ontslae van leë verpakkings volgens jou plaaslike afval bestuurs riglyne.
Die effek van hierdie produk is nie deur Underwriters Laboratories (UL) getoets nie.
CEVA Sante Animale kan nie verantwoordelik gehou word vir skade veroorsaak deur onbehoorlike gebruik of wysigings aan die apparaat nie.
AANBIEDING:
Elke 48 mℓ flessie hou ongeveer 4 weke.
VERVAARDIG DEUR:
CEVA SANTE ANIMALE
Libourne
Frankryk