ADAPTIL® help om vrees en stres verwante tekens in hondjies en volwasse honde te stop of te voorkom, soos:
Vernielsug, Blaf, Huisbesoedeling, Oormatige lekkery.
ADAPTIL® kalmeer die hond in stresvolle omgewings (vuurwerke, besoekers, vreemdelinge, veearts besoeke, uitsonderlike en onvoorspelbare situasies).
ADAPTIL® help om die hond in 'n nuwe omgewing te vestig, bv. Nuwe behuising, verhuising en interaksie met vreemdelinge.
SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
ADAPTIL® SPREIER PLUS HERVULLING
Honde Kalmerings feromoon
In soogdiere skei alle lakterende vroulike diere stowwe genaamd kalmerings feromone af. Die funksie hiervan is om die kleintjies gerus te stel. Hond kalmerings feromone word afgeskei deur die talgkliere van die uier groef in die lakterende teef.
Hierdie feromone kalmeer die hondjie in tye van stres en verskaf gerusstelling, veral in onbekende omgewings en tydens buitengewone ervarings.
Navorsing het getoon dat die gerusstellende eienskappe van hierdie feromone voortduur selfs tot die dier volwasse is.
ADAPTIL® (Hond Kalmerings Feromoon), reproduseer al die eienskappe van die natuurlike kalmerings feromone van die teef, en dit is te danke aan veeartsenykundige navorsing.
INDIKASIES:
ADAPTIL® help om vrees en stres verwante tekens in hondjies en volwasse honde te stop of te voorkom, soos:
* Vernielsug
* Blaf
* Huisbesoedeling
* Oormatige lekkery
ADAPTIL® kalmeer die hond in stresvolle omgewings (vuurwerke, besoekers, vreemdelinge, veearts besoeke, uitsonderlike en onvoorspelbare situasies).
ADAPTIL® help om die hond in 'n nuwe omgewing te vestig, bv. Nuwe behuising, verhuising en interaksie met vreemdelinge.
BERGING:
Berg in ‘n stofvrye omgewing.
SAMESTELLING:
Hond kalmerings feromoon …………2 %
Draer qs ………………………….….100 g
VOORSORGMAATREËLS: Hou buite bereik van kinders. Moet nie bedek nie. Maak seker dat die kragtoevoer dieselfde is as die aangedui op die toestel. Moenie onder meubels of agter deure plaas nie. Wanneer ingeprop moet nie die toestel met metaal voorwerpe aanraak nie. Wanneer ingeprop moet nie die toestel met nat hande aanraak nie. Gedurende en onmiddellik na gebruik, moet nie die toestel met jou hande aanraak nie. Die elektriese toestel moet slegs gebruik word met hierdie ADAPTIL® spreier formulasie. Gebruik van 'n ander stof kan die giftigheid of vlambaarheid van die produk verhoog. Om verdamping van aktiewe bestanddele aan te moedig bereik die interne oppervlak van die toestel hoë temperature. Hierdie oppervlakke moet nie aangeraak word tydens die gebruik van die produk nie. In die geval van kontak met oë, was dit onmiddellik met water en kry advies van 'n spesialis. Vermy kontak met die vel. In die geval van kontak met die vel, was met seep en water. Indien die produk ingesluk word, raadpleeg 'n geneesheer onmiddellik en wys hulle die verpakking. |
Leë verpakkings en enige oorblyfsels van die produk moet saam met huishoudelike afval weggegooi word.
GEBRUIKSAANWYSINGS:
1. Verwyder die prop van die flessie.
2. Skroef die spreier liggies vas aan die flessie.
3. Prop die spreier in 'n elektriese muurprop en skakel aan vir een maand.
Plaas die ADAPTIL® in die kamer wat die meeste gedurende die dag deur die hond gebruik word, of in die kamer waar die onvanpaste gedrag plaasvind.
Produk moet te alle tye aangeskakel bly.
Aktiewe gebied: 50 tot 70 vierkante meter.
Een flessie werk vir ongeveer vier weke.
Duur van gebruik: raadpleeg aangehegte tabel.
Kan aangepas word volgens die aanbevelings van jou veearts.
Die spreier is spesiaal ontwerp vir hierdie produk. Die eienskappe van die produk kan nie gewaarborg word as 'n ander toestel gebruik word nie, en dit is nie geformuleer om sonder ‘n spreier gebruik te word nie.
AANBIEDING:
Hervul:
Een Adaptil Spreier plus 48 mℓ flessie hervulling
VERVAARDIG DEUR:
CEVA SANTE ANIMALE
Libourne
Frankryk