MAREKSIEKTE – NEWCASTLESIEKTE VIRUS
VECTORMUNE® HVT NDV & RISPENS bevat ‘n genetiese gemodifiseerde Mareksiekte entstof van serotipe 3 (Kalkoen Herpesvirus of HVT) wat ‘n Newcastlesiekte sleutel beskermings antigeen uitdruk, en ‘n serotipe 1 (Rispens) Mareksiekte Virus. Hierdie entstof word aanbeveel as ‘n hulpmiddel in hoenders om Newcastlesiekte en ‘n baie virulente Mareksiekte te voorkom.
SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
VECTORMUNE® HVT NDV & RISPENS
Reg Nr G4181 Wet 36/1947
MAREKSIEKTE – NEWCASTLESIEKTE VIRUS
Newcastlesiekte (NS) is ‘n beheerde siekte volgens die Dieresiekte Wet, Wet 35/1984. Enige voorkoms of vermoedelike voorkoms van Newcastlesiekte moet onmiddellik aangemeld word by die staatsveearts.
VECTORMUNE® HVT NDV & RISPENS bevat ‘n genetiese gemodifiseerde Mareksiekte entstof van serotipe 3 (Kalkoen Herpesvirus of HVT) wat ‘n Newcastlesiekte sleutel beskermings antigeen uitdruk, en ‘n serotipe 1 (Rispens) Mareksiekte Virus. Hierdie entstof word aanbeveel as ‘n hulpmiddel in hoenders om Newcastlesiekte en ‘n baie virulente Mareksiekte te voorkom.
BERGING
Ampules wat lewendig gevriesde entstof bevat: Berg in vloeibare stikstof.
Oplosmiddel : Berg by kamer temperatuur teen 20 – 25 °C
SAMESTELLING
Mareksiekte, HVT– Newcastlesiekte (rHVT/NDV) ≥ 2 474 PVE tot en met vervaldatum
Mareksiekte, Rispens CVI -988 stam > 1 206 PVE tot en met vervaldatum
Preserveermiddels: Gentamisien en Amfoterisien B
WAARSKUWINGS
- Moet nie inent binne 21 dae van slagting nie.
- Gebruik slegs soos gebruiksaanwysings aandui.
- Goeie bestuurspraktyke word aanbeveel om die blootstelling aan Mareksiekte virus en Newcastlesiekte virus vir ten minste 2 weke na inenting te verminder.
- Toevallige selfinspuiting mag lei tot ‘n lokale allergiese reaksie. Indien dit gebeur raadpleeg ‘n dokter.
- Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
- Alhoewel hierdie entstof breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS
- Ent slegs gesonde hoenders.
- Alle hoenders op dieselfde perseel moet gelyktydig ingeënt word.
- Hierdie entof is in ‘n gevriesde sel geassosieerde vorm. Die selle en virus deeltjies is baie bros en moet versigtig hanteer word om beskadiging en verlies van titer te voorkom. Dit sal verseker dat optimum effektiwiteit gehandhaaf word.
- Moenie enstof uit vloeibare stikstof haal tot net voor gebruik nie.
- Onbehoorlike berging en hantering van die entstof kan laer effektiwiteit tot gevolg hê.
- Moenie ontdooide entstof weer vries nie.
- Moenie entstof gebruik as dit ontdooi het in die vloeibare stikstof houer nie.
- Verseker dat die korrekte dosis gebruik word. Moenie die entstof oorverdun of oordoseer nie.
- Aseptiese voorsorgmaatreëls moet toegepas word. Maak seker dat alle inentingstoerusting skoon en steriel is voor gebruik.
- Gebruik die inhoud van die bottel so gou as moontlik, moenie gedeeltelik gebruikte houers berg vir toekomstige gebruik nie.
- Gebruik toepaslike veiligheidstoerusting as vloeibare stikstof houers en entstof hanteer word.
- Dit is goeie entstofbeleid om nie toe te laat dat die entstof met menslike oë, slymvliese of hande in aanraking kom nie.
- Vernietig enige oorblywende enstof deur bv verbranding; raak ontslae van alle leë entstofhouers na inenting voltooi is.
- Was en ontsmet hande na gebruik.
GEBRUIKSAANWYSINGS: GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI.
Lees alle instruksies noukeurig voor gebruik. Die instruksies moet volledig nagekom word.
VECTORMUNE® HVT NDV & RISPENS moet toegedien word deur in ovo inenting in 18 - 19 dag oue embrios, of deur onderhuidse enting van dagoud kuikens.
Voorbereiding van Entstof:
Wees op hoogte van voorsorgmaatreëls wat waargeneem moet word gedurende die hantering van die vloeibare stikstof om beserings te vermy.
Dra handskoene, gesigskerm en beskermende klere.
Maak seker dat die houer genoeg vloeibare stikstof bevat om die entstof gevries te hou. Moet nie die entstof gebruik as dit ontdooi het nie. Die houers (Dewars) moet gereeld nagegaan word vir die vloeibare stikstof vlak en hervul word soos benodig.
Na berekening van die hoeveelheid dosisse entstof en verdunningsmiddel, verwyder vinnig die presiese getal ampules wat benodig word.
‘n Maksimum van 4 ampules moet terselfdertyd ontdooi word. Na die verdunningsmiddel en alle voorbereidings nagegaan is, moet die entstof vinnig uit die Dewar verwyder word en binne ‘n skoon ontdooibad teen 26,5 ºC geplaas word. Hierdie stap kan herhaal word totdat die toepaslike dosisvlak bereik is.
Ligte roering tydens die ontdooiproses bevorder vinnige, eweredige ontdooing en verspreiding van die entstof in die ampules.
Meng die entstof dadelik na ontdooing met die verdunningsmiddel by kamertemperatuur, deur die entstof uit die ampule uit te trek met ‘n 18 dikte, 1,5 duim naald en stadig met die verdunningsmiddel te meng. (Sien verdunningsmiddel entstof verhouding hieronder).
Gebruik die entstof onmiddellik en roer af en toe om egalige suspensie van selle te verseker.
Toediening van die Entstof:
- 1. Vir onderhuidse enting van dagoud kuikens.
Steriliseer die outomatiese entstoftoerusting, naalde en ander benodighede deur dit te outoklaaf of te kook voor inenting.
Gebruik ‘n kort 20 dikte naald vir inenting.
Meng 200 mℓ oplosmiddel vir elke 1 000 dosisse entstof.
Spuit 0,2 mℓ onderhuids agter die nek vir elke kuikentjie.
Die voorkeur plek is onder die vel aan die agterkant van die nek, halfpad tussen die kop en liggaam en in ‘n rigting weg van die kop af. Moet nie naby die kop inspuit nie. Moet nie in die spierweefsel of nekwerwels spuit nie.
2. In ovo inenting in 18 tot 19 dag oue embrios :
Steriliseer die eier-inentingsisteem voor en na gebruik, volg die prosedure soos voorgeskryf is in die operateurshandleiding.
Lees die eier inspuitingsapparaat operateurshandleiding voor die begin van inenting. Versuim om die instruksies soos in die eier-inspuitingssisteem operateurshandleiding aangegee te volg, kan tot persoonlike beserings, oormatige embrioniese mortaliteit en lae uitbroeibaarheid lei.
Meng 100 mℓ oplosmiddel vir elke 1 000 dosisse entstof en dien 0,1 mℓ per hoenderembrio toe, of meng 50 mℓ oplosmiddel vir elke 1 000 dosisse entstof om 0,05 mℓ entstof per hoender embrio toe te dien.
AANBIEDING
1 000, 2 000 of 4 000 dosisse in 2 mℓ vuurverseëlde glas botteltjies gestoor in vloeibare stikstof.
REGISTRASIEHOUER
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House
1685, RSA
VERVAARDIGER
Ceva Biomune
8906 Rosehillstraat
Lenexa
Kansas 66215
VSA