Lewendige, gevriesde Newcastlesiekte entstof
Newcastlesiekte (NS) is ‘n beheerde siekte in gevolge die Wet op Dieresiektes, Wet 35/1984.
'n Lewendige gevriesde entstof vir die aktiewe immunisering van gesonde dag-oud kuikens en 18 tot 19 dag-oud hoender embrios om in die voorkoming van Mareksiekte (MS) en Newcastlesiekte (NCS) te help.
FOR ANIMAL USE ONLY
VECTORMUNE®HVT NDV
Reg Nr G4030 Wet 36/1947
Lewendige, gevriesde entstof
Newcastlesiekte (NS) is ‘n beheerde siekte in gevolge die Wet op Dieresiektes, Wet 35/1984.
'n Lewendige gevriesde entstof vir die aktiewe immunisering van gesonde dag-oud kuikens en 18 tot 19 dag-oud hoender embrios om in die voorkoming van Mareksiekte (MS) en Newcastlesiekte (NCS) te help.
Samestelling
Hierdie entstof bevat ‘n lewendige, gevriesde Mareksiekte virus van serotipe 3 (HVT, FC-126 stam) wat geneties gemanipuleer is om noodsaaklike beskermende Newcastelsiekte virus(D-26 lentogeniese stam) antigenete bevat enuit te druk. Minimum titer per dosis is 3 420 PVE (Plaakvormende Eenhede) by vrystelling en 2 280 PVE tot en met vervaldatum.
Berging
Die entstof moet in vloeibare stikstof gevries word.
Die rakleeftyd van die on-oopgemaakte entstof is 24 maande.
Onbehoorlike berging kan tot verlies aan effektiwiteit lei.
Die verdunningsmiddel moet by of onder 25 °C of verkieslik in ‘n yskas tussen 2 – 7 °C gebêre word. Part I, page 9
Waarskuwings
- Moenie hoenders binne 21 dae na in-enting vir menslike gebruik slag nie.
- Slegs gesonde hoenders moet ingeënt word.
- Moenie hoender embrios onder 18 dae-oud inent nie .
- Vernietig enige oorblywende entstof en alle leë entstofhouers na inenting volgens die vereistes van mediese afval vernietiging.
- Bevat spore van gentamisien en amfoterisien B as preserveermiddels.
- Alhoewel hierdie entstof breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
- Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Voorsorgmaatreëls:
- Die persoon wat die enstof hanteer moet al die nodige voorsorgmaatreëls nakom gedurende die hantering van die vloeibare stikstof en moet handskoene, ‘n plastiek gesigsskerm en ‘n beskermende bril dra voor die entstof uit die vloeibare stikstof verwyder word.
- Alle hoenders in die trop moet gelyktydig ingeënt word.
- Goeie bestuurpratyk word aanbeveel om die blootstelling aan Newcastlesiekte en Mareksiekte vir ten minste twee weke na inenting te verminder.
- Aseptiese voorsorgmaatreëls moet toegepas word. Maak seker dat alle inentingstoerusting skoon en steriel is voor gebruik.
- Moet nie kontamineer met ontsmettingsmiddels of spiritus nie.
- Moet nie met enige ander entstof meng nie.
- Gebruik volledige inhoud van ampules dadelik na rekonstitusie - moet nie gedeeltelik gebruikte ampules berg vir toekomstige gebruik nie.
- Moet nie die entstof oordoseer of te veel verdun nie.
- Moet nie entstof gebruik wat in die vloeibare stikstofhouer ontdooi het nie.
- Moet nie die inhoud van beskadigde ampules gebruik nie.
- Moet nie die entstof her-vries nie. Entstof moet in vloeibare stikstof gebêre word.
- Dit is goeie entstofbeleid om nie toe te laat dat die entstof met menslike oë of slymvliese in aanraking kom nie.
- Was en ontsmet hande met ‘n ontsmettingsmiddel na inenting.
GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui.
VECTORMUNE® HVT NDV word aanbeveel vir die die aktiewe immunisering van gesonde dag-oud kuikens en 18 tot 19 dag-oud hoender embrios teen Mareksiekte (MS) en Newcastlesiekte (NCS).
VECTORMUNE® HVT NDV moet deur in ovo inenting aan 18 tot 19 dag-oud hoender embrios of deur onderhuidse inenting aan dag-oud kuikens toegedien word.
Voorbereiding van die entstof:
- Maak seker dat die houer genoeg vloeibare stikstof bevat om die entstof gevries te hou. Moet nie die entstof gebruik as dit ontdooi het nie. Die houers (Dewars) moet gereeld nagegaan word vir die vloeibare stikstof vlak en hervul word soos benodig.
- Na vereniging van die entstof dosis met die regte grootte verdunningsmiddel, verwyder die presiese getal ampules wat benodig word vinnig.
- ‘n Maksimum van 4 ampules moet op dieselfdetyd ontdooi word. Na inspeksie van die verdunningsmiddels en finalisering van al die voorbereidings, moet die entstof vinnig uit die Dewar verwyder word en binne ‘n skoon, 26,5 °C ontdooibad geplaas word. Hierdie stap kan herhaal word totdat die regte dosis bereik word. Versigtige roering gedurende die ontdooi proses fasiliteer vinnige, eenvormige ontdooing en versprei die entstof egalig binne die ampule. Moet nie skud nie.
- Meng die entstof dadelik na ontdooing, met die verdunningsmiddels teen kamer-temperatuur (omtrent 25 °C). Trek die entstof versigtig uit die ampule met ‘n 18 dikte, 1,5 duim naald en meng stadig met die verdunningsmiddels. Om beskadiging van die entstof te vermy, moet oormatige druk nie gebruik word om die selle deur die spuit in die verdunningsmiddel te dwing nie. Spoel die ampule een keer uit met die gerekonstitueërde entstof.
- Gebruik die entstof onmiddellik en meng die entstof af en toe deur die ampule liggies te agiteer (moet nie skud nie) om egalige suspensie van die selle te verseker.
Onderhuidse inenting van dag-oud kuikens:
Aanvaarbare beskerming sal alleenlik verwek word in gesonde dag-oud kuikens.
Meng 200 mℓ van die verdunningsmiddel vir elke 1 000 dosisse entstof om 0,2 mℓ aan elke dag-oud kuiken toe te dien.
In gesonde kuikens word geen kliniese reaksie na inenting waargeneem nie.
Gebruik automatiese of handearbeid entstof apparaat.
Steriliseer die spuit, naalde en ander addisionele toerusting deur te outoklaaf of te kook voor inenting.
Gebruik ‘n kort, (3/8 of ½ duim) 20 dikte naald vir inenting.
Die voorkeur plek is onder die vel aan die agterkant van die nek, halfpad tussen die kop en liggaam en in ‘n rigting weg van die kop af. Moet nie naby die kop inspuit nie. Moet nie in die spierweefsel of nekwerwels spuit nie.
In ovo inenting van 18 tot 19 dag-oud hoender embrios:
Aanvaarbare beskerming sal alleenlik verwek word in behoorlik ontwikkelde embrios. Eiers wat ingeënt moet word, moet eers belig word en alle dooie embrios geskei en verwyder word.
Inspuitapparaat wat gebruik gaan word moet geen ontsmetmiddel reste bevat nie.
Voor in-enting moet die posisie van die eiers nagegaan word – die vertikale langas met die lugsel bo.
Gebruik slegs apparaat wat toegewy is aan in ovo inspuiting.
Lees die eier inspuitingsapparaat operateurshandleiding voor die begin van inenting. As die gebruiksaanwysings nie gevolg word nie, mag dit lei tot persoonlike besering, oormatige embrioniese mortaliteit en lae uitbroeibaarheid.
Ontsmet die eier inspuitingsapparaat voor en na gebruik deur die prosedures wat in die operateurshandleiding beskryf word te volg.
Meng 100 mℓ verdunningsmiddel vir elke 1 000 dosisse entstof om 0,1 mℓ aan elke hoender embrio toe te dien of 50 mℓ verdunningsmiddel vir elke 1 000 dosisse entstof om 0,05 mℓ aan elke hoender embrio toe te dien.
Verdunnings gids:
DOSISSE | VOLUME STERIELE VERDUNNINGSMIDDEL BENODIG | ||
---|---|---|---|
IN OVO INENTING | ONDERHUIDSE INENTING (0,2 mℓ DOSIS) | ||
0,05 mℓ DOSIS | 0,1 mℓDOSIS | ||
1 000 | 50 mℓ | 100 mℓ | 200 mℓ |
2 000 | 100 mℓ | 200 mℓ | 400 mℓ |
4 000 | 200 mℓ | 400 mℓ | 800 mℓ |
Aanbieding
Vuurgeseëlde ampules wat 1 000, 2 000 or 4 000 dosisse entstof bevat gevries in vloeibare stikstof met die ooreenstemmende verdunningsmiddel.
Registrasiehouer
Ceva Animal Health (Edms) Bpk.
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House
1685
Tel. 011 314 4088
Vervaardiger
Biomune Mpy.
8906 Rosehill Straat
Lenexa
Kansas 66215
VSA
V.S. Vet. Lis. Nr. 368
Patent Nommers: US 6632664, US 5310678 and US 6866852