SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
VECTORMUNE® FP-MG
Reg Nr G3851 Wet 36/1947
INDIKAIES:
‘n Lewendige gevriesdroogde entstof vir die inenting van gesonde hoenders en kalkoene teen Hoenderpokkies en Mycoplasma gallisepticum infeksie.
BERGING:
Berg in ‘n yskas teen 2 – 7 °C. Moet nie vries nie
Beskerm teen sonlig.
Onbehoorlike berging kan tot verlies aan effektiwiteit lei.
SAMESTELLING:
Hierdie entstof bevat ‘n lewendige, gevriesdroogde Hoenderpokkies virus (Cutter stam) wat geneties gemanipuleer is om beskermende Mycoplasma gallisepticum (Stam S6 en Stam R) antigene te bevat en uit te druk. Minimum titer per dosis tot vervaldatum is 102.7TCID50.
WAARSKUWINGS:
Moenie hoenders of kalkoene slag vir menslike gebruik binne 21 dae na inenting nie.
Slegs gesonde hoenders en kalkoene moet ingeënt word.
Vernietig enige oorblywende entstof deur bv. verbranding, raak ontslae van alle leë entstofhouers en toebehore na inenting voltooi is.
Bevat spore van gentamisien en amfoterisien B as preserveermiddels.
Slegs hoenders en kalkoene wat nie vroeër aan ‘n Hoenderpokkies entstof of ‘n Hoenderpokkies veldstam blootgestel was nie, mag ingeënt word as gevolg van inmenging met die ontwwikkeling van immuniteit na inenting.
Moet nie hierdie entstof toedien binne 4 weke voor die begin van produksie of na eier produksie begin het nie.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Alhoewel hierdie middel breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS:
Alle vatbare hoenders of kalkoene op dieselfde perseel moet gelyktydig ingeënt word.
Aseptiese voorsorgmaatreëls moet toegepas word. Maak seker dat alle inentingstoerusting skoon en steriel is voor gebruik.
Moet nie kontamineer met ontsmettingsmiddels of spiritus nie.
Gebruik SLEGS die AANTAL dosisse soos aangedui op die etiket. Bepaal altyd die getal tot die naaste volgetal (bv. 20 000 dosisse vir 19 450 kuikens) en moet nie die dosis rek nie.
Moenie met enige ander entstof meng nie.
Meng slegs die hoeveelheid entstof wat onmiddellik benodig word en gebruik dadelik.
Gebruik volledige inhoud van bottel as oopgemaak word, moet nie gedeeltelik gebruikte houers berg vir toekomstige gebruik nie.
Moet nie die inhoud van beskadigde bottels gebruik nie.
Dit is goeie entstofbeleid om nie toe te laat dat die entstof met menslike oë of slymvliese, hande of klerasie in aanraking kom nie.
Was en ontsmet hande met ‘n ontsmettingsmiddel na inenting.
GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui.
VECTORMUNE® FP-MG word aanbeveel vir gebruik in hoenders van ten minste 8 weke ouderdom, maar 4 weke voor die begin van lê, en in kalkoene van ten minste 4 weke ouderdom, as ‘n hulpmiddel in die voorkoming van Hoenderpokkies en Mycoplasma gallisepticum infeksie.
Vlerk web toediening:
Verwyder die seël en prop van die entstof bottel en verdunningsmiddel bottel. Gooi die hele inhoud van die verdunningsmiddel bottel oor in die entstof bottel, sit die prop op en skud goed, totdat die entstof heeltemaal opgelos is.
Die entstof is gereed vir gebruik en moet binne ‘n uur gebruik word.
Hanteer elke individuele hoender versigtig, en strek die vlerk uit met die onderkant na bo.
Doop die dubbelvurk toediener in die entstof sodat die groewe met vloeistof vul. Plaas die toediener in die webgedeelte van die vlerk. Vermy om deur die vere, vlerkspier, been of groot bloedvate te steek.
Herdoop die toediener tussen elke toediening.
Ses tot agt dae na inenting, moet ‘n paar hoenders waargeneem word vir bewys van voldoende lokale reaksies of “opneming” wat swelsels en/of die formasie van rowe by die inspuitingsplek insluit. Kalkoene moet waargeneem word vir bewys van “opneming” tien tot veertien dae na inenting.
Die gebrek aan “opneming” in ‘n ingeënte trop dui op die volgende:
óf verkeerde hantering van die entstof, óf inmenging met die entstof as die trop vroeër met ‘n Hoenderpokkies virus besmet was, hetsy deur inenting óf deur besmetting in die veld.
Herinenting is geregverdig as hoenders of kalkoene nie ‘n voldoende “opname” wys nie.
AANBIEDING:
20 mℓ glas bottels van 1 000 dosisse met verdunningsmiddel en vlerk web toedieners.
REGISTRASIEHOUER:
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
HALFWAY HOUSE 1685
011 312 4088
VERVAARDIG DEUR:
Biomune Co.
8906 Rosehill Road
Lenexa
Kansas 66215 USA