SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
TENALINE® LA
Reg Nr G2436 Wet 36 / 1947, Namibië Reg Nr V97/17.1.2/1097 Wet 13 / 2003
LANGWERKEND
Vir die behandeling van bosluisoorgedraagde galsiekte (anaplasmose), hartwater, longontsteking, vrotpootjie, septiese gewrigsontsteking, naelstringontsteking en pienkoog (Aansteeklike Beeskeratokonjunktivitis) by beeste, skape en bokke en vir die behandeling van longontsteking, septiese gewrigontsteking en naelstringontsteking by varke.
VERSIGTIG
BERGING
Berg in ‘n koel, donker plek.
Die preparaat mag gedurende gebruik verdonker, maar die sterkte bly onveranderd.
Die produk kan gebruik word vir 1 maand na oopmaak.
SAMESTELLING
Oksitetrasiklien 200 mg/mℓ
WAARSKUWINGS
- Moenie die behandelde diere vir menslike verbruik slag binne 21 dae na die laaste behandeling nie.
- Melk van behandelde koeie moet nie vir menslike verbruik binne 8 dae na die laaste behandeling gebruik word nie.
- Gebruik slegs by beeste, skape, bokke en varke.
- Moenie binneaars toedien nie.
- Moenie varkies op dieselfde dag met ysterpreparate inspuit nie.
- Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
- Alhoewel hierdie middel breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS
- Raadpleeg u veearts vir ‘n noukeurige diagnose.
GEBRUIKSAANWYSINGS - GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI.
Vir die behandeling van toestande veroorsaak deur, of geassosieer met oksitetrasikliengevoelige organismes, waar langdurige antibiotiese werking verlang word, of waar gedurige hantering en herhaalde behandeling van diere nie prakties is nie.
BEESTE :
Vir die behandeling van bosluisoorgedraagde galsiekte (anaplasmose), hartwater, longontsteking, vrotpootjie, septiese gewrigsontsteking, naelstringontsteking en pienkoog (aansteeklike beeskeratokonjunktivitis).
SKAPE EN BOKKE:
Vir die behandeling van hartwater, longontsteking, vrotpootjie, gewrigsontsteking en naelstringontsteking.
VARKE:
Vir die behandeling van longontsteking, septiese gewrigontsteking en naelstringontsteking.
Moet nie binneaars ingespuit word nie.
Die basiese dosis is 1 mℓ/10 kg liggaamsmassa deur diep binnespierse inspuiting (behalwe by jong varkies – sien onder)
Die aanbevole plek vir inspuiting is aan die kant van die nek.
‘n Enkele inspuiting sal gewoonlik voldoende wees, maar behandeling kan na 72 uur herhaal word in meer kroniese gevalle (bv. pienkoog by beeste) herhaal word.
‘n Tydelike gelokaliseerde swelsel mag by die plek van inspuiting waargeneem word.
DOSIS
Beeste: 1 mℓ/10 kg liggaamsmassa deur diep binnespierse inspuiting. Maksimum 10 mℓ per inspuitingsplek.
Skape en bokke: 1 mℓ/10 kg liggaamsmassa deur diep binnespierse inspuiting. Maksimum 5 mℓ per inspuitingsplek.
Varke:
Varkies onder 2 kg liggaamsmassa: 0,5 mℓ onderhuids agter die oor toegedien.
Varkies 2 – 10 kg liggaamsmassa: 1 mℓ onderhuids agter die oor toegedien.
Groter varke: 1 mℓ/10 kg liggaamsmassa deur diep binnespierse inspuiting. Maksimum 10 mℓ per inspuitingsplek.
AANBIEDING
Meervoudige dosishouers wat 50 mℓ, 100 mℓ, 250 mℓ en 500 mℓ oplossing bevat.
REGISTRASIEHOUER
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House
1685
Tel 011 312 4088