SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
REHYDION® Gel
Reg Nr V18954 Wet 36/1947
INDIKASIES:
Oplosbare mineraal en elektroliet aanvulling vir kalwers.
REHYDION® Gel is aangewys vir gebruik in kalwers as ‘n hulpmiddel in die regstelling van elektroliet wanbalans as gevolg van spysvertering steurings, soos byvoorbeeld diarree.
BERGING:
Berg in ‘n koel droë plek onder 25 °C.
SAMESTELLING:
Gram per 100 mℓ |
---|
Natrium* | 11,5 |
Kalium** | 4,5 |
Chloried*** | 8,6 |
Bindmiddels qs | 100 mℓ |
* As Natriumchloried en Natriumasetaat
** As Kaliumchloried
*** As Natriumchloried en Kaliumchloried
WAARSKUWINGS:
Hou buite bereik van kinders en oningeligte persone.
Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui.
Die metode van toediening van REHYDION® Gel is prakties en dit kan in melk of water gebruik word.
Die formule, ‘n samestelling van alkaliniserende middels, elektroliete en energie het optimale smaaklikheid wat die inname van melk of water kan verhoog. REHYDION® Gel kan gebruik word sonder om die melkvoeding te onderbreek.
REHYDION® Gel is slegs vir orale toediening. Skud goed voor gebruik. Maak ‘n vars oplossing op voor elke toediening.
Verwyder die deksel en druk die bottel totdat daar 20mℓ REHYDION® Gel bo in die maatkamer van die bottel is.
Melk kalwers:
Meng die 20 mℓ REHYDION® Gel saam met 1 liter louwarm melk of water.
Om die elektroliet vlakke te bewaar, voer 2 liters melk (of water) wat REHYDION® Gel bevat twee keer daagliks vir 2 dae of langer indien nodig.
Vleis kalwers:
Doseer 40 mℓ per kalf per dag vir 2 tot 4 dae.
Een 320 mℓ bottel = 1 kalf vir 4 dae of 2 kalwers vir 2 dae.
AANBIEDING:
320 mℓ
REGISTRASIEHOUER:
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House 1685
011 312 4088