SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
PRIVEXIA®
Reg Nr G3915 Wet 36/1947
Namibië Reg Nr V12/18.1.2/1139 Wet 13/2003
‘n Antiparasitiese veemiddel vir die behandeling en beheer van inwendige en uitwendige parasiete in beeste en skape, met nawerkende aktiwiteit teen sekere belangrike rondewurms in beeste en skape, sowel as Bloubosluise in beeste.
VERSIGTIG
BERGING
PRIVEXIA® is stabiel vir twee jaar as dit onder die aanbevole toestande gebêre word.
Die produk kan gebruik word vir 1 maand na oopmaak van die houer.
Berg in ‘n koel droë plek onder 25 °C en beskerm teen lig.
SAMESTELLING
Elke 100 mℓ bevat
Moksidektien1,0 g
WAARSKUWINGS
- Onttrekkingsperiode vir vleis en afval: 42 dae.
- Nie vir aanwending in diere wat melk produseer vir menslike verbruik nie.
- Mag giftig vir water organismes wees. Moet nie strome, riviere of waterweë besoedel met die produk of gebruikte houers nie.
- Tydelike pyn mag in sommige diere waargeneem word na onderhuidse inspuiting. Hierdie reaksie sal verdwyn sonder behandeling.
- Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere
- Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS
- MOET NIE BINNEAARS OF BINNESPIERS TOEDIEN NIE.
- Gebruik steriele inentingstoerusting en volg aseptiese prosedure.
- Inenting van beeste teen Sponssiekte, en skape teen Sponssiekte en Bloednier, word sterk aanbeveel voor behandeling met PRIVEXIA®.
- Moet nie meer as 15 mℓ per inspuitingsplek toedien nie.
- Vernietig enige houers en oorblywende inhoud versigtig, deur bv verbranding of begrawing.
- Moet nie met enige ander veemiddels of veterinêre medisyne meng voor toediening nie.
- Moet nie leë bottels hergebruik nie.
- Moet nie eet, drink of rook gedurende hantering van die produk nie.
- Was hande deeglik na gebruik.
- Wees versigtig om selfinspuiting te vermy. As dit gebeur, is dit onwaarskynlik dat enige simptome waargeneem sal word, maar raadpleeg jou mediese dokter.
GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui.
Slegs vir onderhuidse inspuiting.
Beeste:
Spuit beeste onder die los vel voor of agter die skouer.
Gebruik ‘n 18 dikte, 20 mm naald.
Moet nie meer as 15 mℓ per inspuitingsplek toedien nie. Hierdie is van toepassing in diere swaarder as 750 kg.
Skape:
Spuit onder die vel agter die skouer of aan die kant van die nek, net onder die oor.
Gebruik ’n 18 – 21 dikte naald.
Maak seker dat die naald versigtig ingesteek word om seker te maak dat geen lekkasie van die middel uit die plek van inspuiting plaasvind nie.
In wol skape, maak seker dat die naald die vel gepenetreer het voor toediening van die dosis.
DOSIS
Die dosis is 0,1 mℓ PRIVEXIA® per 5 kg (1 mℓ per 50 kg) liggaamsmassa as ‘n enkel inspuiting (gelykstaande aan 200 µg Moksidektien/kg) liggaamsmassa.
Die volgende tabel mag as ‘n doseringsgids gebruik word:
Lewende massa (kg) | Dosis (mℓ) |
---|
Onder 25 kg | 0,1 mℓ/5 kg |
26 – 50 | 1,0 |
51 – 75 | 1,5 |
76 – 100 | 2,0 |
101 – 150 | 3,0 |
151 – 200 | 4,0 |
201 – 250 | 5,0 |
251 – 300 | 6,0 |
301 – 350 | 7,0 |
351 – 400 | 8,0 |
401 – 450 | 9,0 |
Meer as 500 kg | 1 mℓ/50 kg |
DOELTREFFENDHEID
Beeste:
Inwendige parasiete:
PRIVEXIA® word gebruik vir die behandeling en beheer van die volgende spesies volwasse rondewurms in beeste:
Rondewurm spesies | Volwasse | Nawerking 1 |
---|
Haarwurm Haemonchus placei | * | 49 dae |
Bruinmaagwurm Ostertagia spp. | * | 49 dae |
Beesbankrotwurm Cooperia spp. | * | 7 dae |
Knoppieswurm Oesophagostomum radiatum | * | 49 dae |
Definisie: * Beheer: = 90 % effektief
1 Periode tussen behandeling en herbesmetting
Uitwendige parasiete:
Ektoparasiete | Indikasie en behandeling aanbevelings |
---|
Bloubosluise Rhipicephalus (voorheen Boophilus decoloratus en B. microplus) | Beheer Bloubosluise. Vir die beheer van Bloubosluise, gebruik PRIVEXIA® met 28 dae tussenposes. |
Skape:
Inwendige parasiete:
PRIVEXIA® word gebruik vir die behandeling en beheer van die volgende spesies volwasse rondewurms in skape:
Rondewurm spesies | Volwasse | Nawerking 1 |
---|
Haarwurm Haemonchus contortus | * | 35 dae |
Bruinmaagwurm Teladorsagia circumcincta | * | 35 dae |
Bankrotwurm Trichostrongylus colubriformis | * | |
Langnekbankrotwurm Nematodirus spathiger | * | |
Knoppieswurm Oesophagostomum columbianum | * | |
Definisie: * Beheer: = 90 % effektief
1 Periode tussen behandeling en herbesmetting
Neuswurm larwes (Oestrus ovis): Beheer neuswurm larwes, 1ste, 2de en 3rde instar larwes.
AANBIEDING
50 mℓ en 500 mℓ lae digtheid poliëtileen bottels met aluminium doppies.
REGISTRASIEHOUER
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House
1685
Tel 011 312 4088
¹ Makrosikliese laktoon