Vaginale leweringstelsel.
PRID® DELTA is ‘n vaginale leweringstelsel wat vir die gekontroleerde teling van koeie en verse gebruik word, insluitend sinkronisering van estrus by koeie en verse wat in siklus is en vir die sinkronisering van estrus by koeie wat nie in siklus is nie.
SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
PRID® DELTA
Reg Nr G4037 Wet 36/1947
Zambië Reg Nr 346/704V Wet 3/2013
Vaginale leweringstelsel
PRID® DELTA is ‘n vaginale leweringstelsel wat vir die gekontroleerde teling van koeie en verse gebruik word, insluitend sinkronisering van estrus by koeie en verse wat in siklus is en vir die sinkronisering van estrus by koeie wat nie in siklus is nie.
BERGING
PRID® DELTA is stabiel vir drie jaar in die oorspronklike verpakking as dit onder die aanbevole toestande gebêre word.
PRID®DELTA is stabiel vir 12 maande na oopmaak van die sakkie van 10 apparate.
Berg in ‘n koel droë plek onder 25 ºC.
SAMESTELLING
Een PRID® DELTA intravaginale apparaat bevat:
Progesteroon 1,55 g
Bindstowwe q.s.p. 1 vaginale leweringstelsel van 14 g
WAARSKUWINGS
- Onttrekkingsperiode vir vleis en afval: 0 dae.
- Onttrekkingsperiode vir melk: 0 dae.
- Elke apparaat is slegs vir eenmalige toediening en kan nie ‘n tweede keer gebruik word nie.
- Moet nie in dragtige diere gebruik nie.
- Moet nie in verse gebruik wat nie geslagsryp is nie.
- Moet nie gebruik voor 35 dae na die vorige kalwing nie.
- Moet nie gebruik in diere wat aan aansteeklike of nie-aansteeklike siektes van die urogenitalestelsel lei nie.Gedurende die behandelingskursus van 7 dae, kan ‘n lokale reaksie van die vaginale wand veroorsaak word, wat mag lei tot ‘n ligte, deurskynende afskeiding. Na verwydering van die apparaat, mag 66 % van behandelde diere ‘n vulvulêre afskeiding toon, wat ‘n aanduiding is van ‘n ligte lokale reaksie. Hierdie lokale reaksie verdwyn vinnig sonder enige behandeling tussen toediening en inseminasie, sonder om die dragtigheidsyfer negatief te beïnvloed.
- Gedurende die behandeling is vleis, afval en melk geskik vir menslike gebruik
- Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
- Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS
Spesiale voorsorgmaatreëls vir gebruik in die teikenspesie:
- Gebruik slegs soos aangedui.
- Nie vir gebruik in diere met abnormale vaginas nie.
- Slegs progesteroon behandeling, volgens die aanbevole dosis, is nie genoeg om estrus en ovulasie in al die koeie en verse in siklus te induseer nie.
- Om die behandelingsprotokol te optimiseer, word dit aanbeveel om die ovariese siklusaktiwiteit voor progesteroon behandeling te bevestig.
Spesiale voorsorgmaatreëls vir die operateur:
- Handskoene moet gedurende beide die plasing en verwydering van die PRIDâ DELTA intravaginale apparaat gedra word.
- Moet nie eet, drink of rook gedurende hantering van die produk nie.
- Was hande deeglik na gebruik.
GEBRUIKSAANWYSINGS: GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI.
Slegs vir intravaginale toediening.
Elke apparaat is slegs vir eenmalige toediening en kan nie ‘n tweede keer gebruik word nie.
Dosis:
1,55 g progesteroon per dier vir 7 dae dws een PRID® DELTA intravaginale apparaat soos volg:
By beeste in siklus: hierdie apparaat moet saam met ‘n prostaglandien gebruik word, wat 24 uur voor verwydering van die apparaat ingespuit word.
By beeste nie in siklus nie: ‘n prostaglandien inspuiting moet 24 uur voor die verwydering van die apparaat toegedien word en ‘n inspuiting van pVH (Dragtige Merrieserum) moet tydens die verwydering van die apparaat toegedien word.
Plasing van die apparaat:
Gebruik ‘n toediener om die apparaat in die vagina van elke dier te plaas.
Die toediener moet met ‘n toepaslike, nie-irriterende ontsmettingsmiddel skoon gemaak en ontsmet word, voor elke toediening.
Plaas die PRID® DELTA intravaginale apparaat in die toediener. Buig die apparaat voor plasing in die toediener. Maak seker dat die tou in die toepaslike gleuf is.
Smeer die punt van die toediener met ‘n toepaslike veterinêre obstetriese ontsmettingsroom.
Maak die vulva skoon onmiddellik voor die plasing van die apparaat, deur ‘n toepaslike papierdoek te gebruik.
Hou die toediener in die een hand en maak die lippe van die vulva oop met die ander hand en plaas die toediener saggies in die vagina. Druk dit dan saggies in die voorste vaginale area, totdat dit die serviks bereik.
Maak die apparaat los van die toediener in die vagina deur op die handvatsel van die toediener te druk.
Laat die tou by die vulva uithang.
Verwydering van die apparaat:
Verwyder 7 dae na plasing deur saggies aan die blootgestelde tou te trek.
Tyd van inseminasie:
Diere behoort 56 uur na verwydering van die apparaat geïnsemineer te word.
VERPAKKING
Die wit driehoekige apparate is in gemetalliseerde poliëster of poliëtileen sakkies gepak.
Daar is twee vorms van sakkies:
Driehoekige sakkie vir individuële verpakking.
Vierhoekige sakkie vir verpakking van tien apparate.
Die tou wat aan die apparaat geheg is, is van poliëster gemaak.
Verpakkings is soos volg:
- § Karton boks wat 10 sakkies met 1 apparaat elk bevat.
- § Karton boks wat 25 sakkies met 1 apparaat elk bevat.
- § Karton boks wat 1 toediener en 25 sakkies met 1 apparaat elk bevat.
- § Karton boks wat 50 sakkies met 1 apparaat elk bevat.
- § Karton boks wat 1 toediener en 50 sakkies met 1 apparaat elk bevat.
- § Poliëtileen boks wat 50 sakkies met 1 apparaat elk bevat.
- § Sakkie wat 10 apparate bevat.
REGISTRASIEHOUER
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
H/v 16de en Douglas Strate
Randjespark
Halfway House
1685
Tel 011 312 4088