‘n Geïnaktiveerde olie-emulsie entstof vir die inenting van gesonde vervangingsteelhoenders en teelhoenders teen Newcastlesiekte.
Newcastlesiekte (NS) is ‘n aanmeldbare siekte soos bepaal deur die wet op dieresiektes, Wet 35/1984. Enige voorkoms, of ‘n vermoede van die voorkoms van Newcastlesiekte, moet onmiddellik aan die plaaslike Staatsveearts gerapporteer word.
SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
MAXIMUNE 8
Reg Nr G4029 Wet 36/1947
Entstof
Newcastlesiekte (NS) is ‘n aanmeldbare siekte soos bepaal deur die wet op dieresiektes, Wet 35/1984. Enige voorkoms, of ‘n vermoede van die voorkoms van Newcastlesiekte, moet onmiddellik aan die plaaslike Staatsveearts gerapporteer word.
‘n Geïnaktiveerde olie-emulsie entstof vir die inenting van gesonde vervangingsteelhoenders en teelhoenders teen Newcastlesiekte (NS) en gesonde voorafgeënte vervangingsteelhoenders en teelhoenders teen Aansteeklike Brongitis (AB), Aansteeklike Bursasiekte (ABS) wat veroorsaak word deur die standaard en variant tipes en tenosinovitis en wanabsorpsie (insluitend voedseldeurgang en proventrikelitis), veroorsaak deur Hoender Reovirus infeksie.
BERGING
Berg in ‘n yskas teen 2 – 7 °C.
Moenie vries nie.
Die rakleeftyd van die on-oopgemaakte entstof is 24 maande, wanneer teen aanbevole toestande geberg.
Berging in teenstelling met etiketaanwysings kan moontlike verlies van entstofpotensie veroorsaak.
Beskerm teen sonlig.
Onbehoorlike berging kan tot verlies aan effektiwiteit lei.
SAMESTELLING
Hierdie entstof bevat geïnaktiveerde Newcastlesiekte virus (LaSota stam), Aansteeklike Brongitis virus (Massachusetts serotipe, M-41 en H-52 stamme), Aansteeklike Bursasiekte virus van die standaard serotipe 1, (Lukert stam)en variant tipes (Delaware variant 1084A en Delaware variant 1084E stamme) en geïnaktiveerde Hoender Reovirus (stam S1133, ‘n tenosinovitis patotipe, stam 2408, ‘n wanabsorpsie patotipe en stam SS412, ‘n proventrikelitis en wanabsorpsie patotipe) in ‘n olie-emulsie.
Minimum titer per 0,5 mℓ dosis voor inaktivering is:
108,8 EID50 Newcastlesiekte virus.........................................................................................................0,03 mℓ
106,1 EID50 Aansteeklike Brongitis virus, Massachusetts serotipe, M-41 stam................................................0,02 mℓ
106,1 EID50 Aansteeklike Brongitis virus, Massachusetts serotipe, H-52 stam................................................0,02 mℓ
105,10 EID50 Aansteeklike Bursasiekte virus, standard serotipe 1, Lukert stam..............................................0,015 mℓ
103,7 EID50 Aansteeklike Bursasiekte virus, Delaware variant 1084A stam....................................................0,01 mℓ
104,84 EID50 Aansteeklike Bursasiekte virus, Delaware variant 1084E stam..................................................0,01 mℓ
105,42 TCID50 Hoender Reovirus, S1133 stam.........................................................................................0,015 mℓ
105,67 TCID50 Hoender Reovirus, 2408 stam...........................................................................................0,015 mℓ
105,26 TCID50 Hoender Reovirus, SS412 stam.........................................................................................0,015 mℓ
Maksimum formaldehied inhoud (inaktiveermiddel) is 0,37 mg/0,5 mℓ dosis
WAARSKUWINGS
- Moenie hoenders slag vir menslike gebruik binne 42 dae na inenting nie.
- Hierdie entstof bevat ‘n olie-gebaseerde adjuvant en toevallige selfinspuiting mag lei tot ‘n ernstige lokale allergiese reaksie. Raadpleeg ‘n geneesheer en verwittig hom/haar van die mineraalolie inhoud van die entstof.
- Bevat gentamisien en amfoterisien B as preserveermiddels.
- Reaksies mag voorkom na inenting en mag swelsels en granulome by die inspuitingsplek insluit.
- Om afkeurings te vermy, maak seker dat hoenders wat bemark word nie swelsels het by die plek van inspuiting nie.
- Inenting van hoenders in lê mag lei tot ‘n verlies aan eierproduksie, as gevolg van hanteringstres gedurende inenting.
- Vernietig enige oorblywende entstof deur bv verbranding; raak ontslae van alle leë entstofhouers en toebehore na inenting voltooi is.
- Alhoewel hierdie entstof breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
- Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
VOORSORGMAATREËLS
- Aseptiese voorsorgmaatreëls moet toegepas word. Maak seker dat alle inentingstoerusting (naalde, spuite, ens) skoon en steriel is voor gebruik.
- Moet nie kontamineer met ontsmettingsmiddels of spiritus nie.
- Moenie met enige ander entstof meng nie.
- Gebruik die totale inhoud van die bottel dadelik nadat dit oopgemaak is. Moet nie gedeeltelik gebruikte houers berg vir toekomstige gebruik nie.
- Moet nie die inhoud van beskadigde bottels gebruik nie.
- Dit is goeie entstofbeleid om nie toe te laat dat die entstof met menslike oë of slymvliese, hande of klerasie in aanraking kom nie.
- Was en ontsmet hande met ‘n ontsmettingsmiddel na inenting.
GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui.
MAXIMUNE 8 word aanbeveel vir die inenting van gesonde hoenders van ten minste 18 weke oud as ‘n hulpmiddel in die voorkoming van Newcastlesiekte en Aansteeklike Brongitis.
Teeltrop inenting verskaf moederteenliggame aan die nageslag van teelhenne, as ‘n hulpmiddel in die voorkoming van bursasiekte wat veroorsaak word deur standaard en variant tipes en tenosinovitis en wanabsorpsie veroorsaak deur reovirusse van beide die standaard en SS412 tipes.
‘n Voordosis met ‘n lewendige aansteeklike bursasiekte entstof, tenosinovitis entstof en brongitis entstof van die Massachusetts serotipe word aanbeveel ten minste vier weke voor die toediening van die geïnaktiveerde entstof, om optimale beskerming te verskaf.
Skud entstof goed voor en gedurende gebruik.
Gebruik aseptiese tegniek.
Voor gebruik, laat die entstof toe om geleidelik kamertemperatuur te bereik.
Die dosis is 0,5 mℓ per hoender en word onderhuids toegedien.
Die voorkeur plek is onder die vel aan die agterkant van die nek, halfpad tussen die kop en liggaam en in ‘n rigting weg van die kop af. Moet nie inspuit naby die kop nie. Moet nie in die spierweefsel of nekwerwels spuit nie.
AANBIEDING
500 mℓ plastiek bottel wat 1 000 dosisse bevat.
REGISTRASIEHOUER
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
HALFWAY HOUSE
1685
Tel 011 312 4088
VERVAARDIG DEUR
Ceva Biomune Mpy.
Rosehill Straat 8906
Lenexa
Kansas 66215
VSA