'n Middel teen rondewurms, melk lintwurm, lewerslak en neuswurm in skape en bokke, met 'n 3-week nawerking teen haakwurm en haarwurm.
Aktiewe bestanddele: 1,9 % Albendazole en 3,0 % Klosantel
Dosis: 2,0 mℓ / 10 kg liggaamsmassa.
SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
CEVA MAXICARE®
Reg Nr G3145 Wet 36/1947, Namibië Reg Nr V02/18.1.8/762 Wet 13/2003
(2) Bensimidasool (4) Salisielanilied
INDIKASIES:
‘n Middel teen rondewurms, longwurm, melklintwurm, lewerslak en neusvlieglarwes met nawerking teen herbesmetting van haarwurm en haakwurm in skape en bokke.
VERSIGTIG
BERGING:
Berg in ‘n koel plek en beskerm teen direkte sonlig
KOMPOSISIE:
Albendasool 1,9 % m/v
Klosantel 3,0 % m/v
WAARSKUWINGS:
MOET NIE IN BOKKE GEBRUIK WAARVAN DIE MELK VIR MENSLIKE VERBRUIK BESTEM IS NIE.
Moenie diere vir menslike verbruik binne 30 dae na behandeling slag nie.
Volg bestuurspraktyke wat sal verseker dat dosering versigtig uitgevoer word. Dit is veral belangrik om nie die dosis te oorskry in ooie gedurende die paartyd en die eerste maand van dragtigheid nie.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Alhoewel hierdie middel breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS:
Dit word aanbeveel dat alle skape teen bloednier ingeënt word voordat hulle met enige wurmmiddel doseer word.
Moet diere nie meer dikwels as elke drie weke behandel nie.
Was hande deeglik na gebruik.
Hanteer versigtig.
GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aanbeveel.
Gebruik as ‘n mondelingse dosering.
Skud deeglik voor gebruik.
Dosis vir skape en bokke: 2,0 mℓ / 10 kg liggaamsmassa.
Voorbeeld:
Lewende massa (kg) | Dosage (mℓ) | Aantal dosisse in pak (250 mℓ) | Aantal dosisse in pak (500 mℓ) | Aantal dosisse in pak (2 ℓ) | Aantal dosisse in pak (5 ℓ) | Aantal dosisse in pak (10 ℓ) |
---|
10 20 30 40 50 | 2,0 4,0 6,0 8,0 10,0 | 125 63 42 31 25 | 250 125 83 62 50 | 1 000 500 333 250 200 | 2 500 1 250 833 625 500 | 5 000 2 500 1 666 1 250 1 000 |
DOELTREFFENDHEID:
Wurmsoort | Volwasse | Onvolwasses |
---|
Haarwurm | * | * |
Bruinmaagwurm | * | * |
Bankrotwurm | * | * |
Langnekbankrotwurm | * | * |
Haakwurm | * | * |
Knoppieswurm | * | * |
Grootbekwurm | * | * |
Longwurm | * | * |
Lewerslak | * | ** (6 weke oud) |
Reuse lewerslak | * | ** (8 weke oud) |
Melklintwurm | Klas 1 |
Definisie: * Beheer 90 – 100 % effektief
** Hulpmiddel in die beheer 60 – 89 % effektief
Klas 1: 100 % doeltreffend in meer as 80 % van behandelde diere
Beheer alle stadia van neusvlieg larwes
Verhoed dat rondewurmeiers wat tydens dosering in die dier teenwoordig is, uitbroei
NAWERKING:
Wurmsoort | Tydperk tussen behandeling en herbesmetting |
---|
Haarwurm | 3 weke * |
Haakwurm | 3 weke * |
Definisie: * Beheer 90 – 100 % effektief
AANBIEDING:
200 mℓ / 500 mℓ / 2 ℓ / 5 ℓ / 10 ℓ
Registrasiehouer:
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House 1685
011 312 4088