Entstof vir immuniteit teen koksidiose.
‘n Hulpmiddel in die ontwikkeling van immuniteit by hoenders teen kliniese tekens van koksidiose.
SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
IMMUCOX® 5
Reg. No. G4404 Act 36/1947
ENTSTOF
INDIKASIES
‘n Hulpmiddel in die ontwikkeling van immuniteit by hoenders teen kliniese tekens van koksidiose.
BERGING
Berg teen 2 – 8 ºC.
Moet nie vries nie.
SAMESTELLING
Bevat lewendige oosiste van die pluimvee koksidiose spesies Eimeria acervulina, Eimeria brunetti, Eimeria maxima, Eimeria necatrix asook Eimeria tenella teen ‘n minimum van 317 oosiste per dosis tot en met vervaldatum.
Verdunningsmiddel - word gemaak van eetbare voedselgom in produkte wat vir menslike gebruik bestem is.
WAARSKUWINGS
- Ontrekkingperiode vir vleis: 21 dae
- Maak seker dat geen koksidiostaat (antikoksidiale middel) in voer gebruik word nie.
- Selfs teen die laagste vlak van koksidiostaat kan die effektiwiteit van die entstof verlaag of kanselleer.
- Hierdie entstof moet nie gelyktydig saam met enige ander entstof toegedien word nie.
- Beskerm entstof oplossing teen direkte sonlig.
- Gebruik volgens die hoeveelheid dosisse soos aangedui is op die etiket.
- Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
- Alhoewel hierdie entstof breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS
- Ent slegs gesonde hoenders.
- Moet nie onder of oor doseer nie.
- As die hoenders gehuisves word in beperkte ruimtes (bv. Broei ringe), moet hulle vrygelaat word van inperking teen die sesde dag na inenting of die area moet ten minste verdubbel word.
- Breëspektrum antibiotika wat antikoksidiale aktiwiteit bevat (bv. Tetrasiklien, sulfa middels en nitrofurane) moet nie saam met IMMUCOX® 5 gebruik word vir die eerste 16 dae na inenting nie.
- Indien die entstof suspensie met die vel in aanraking kom, was dit met seep en water.
- Indien dit in die oë gespat word, spoel met water.
- Bȇre weg van voedsel en voer.
- Handhaaf steriele voorsorg. Maak seker dat alle inentingstoerusting (houers, spuite en naalde) skoon en steriel is voor en gedurende gebruik.
- Moet nie ontsmet- of antispetiese middels gebruik om enige toerusting of drinkwater toerusting te steriliseer nie.
- Gebruik volledige inhoud sodra die houer oopgemaak word (behalwe indien anders aanbeveel) en moet nie ongebruikte houers stoor vir toekomstige gebruik nie.
- Vernietig enige ongebruikte entstof en doen weg met al die entstofhouers en weggooibare toerusting na gebruik, in ooreenstemming met Nasionale Omgewingsbestuur Afval Wet, 2008 (Wet Nr. 59 van 2008).
- Hou by die entingsprogram om optimal uitslae te verkry.
GEBRUIKSAANWYSINGS: GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI.
Suspensie vir orale toediening na rekonstitusie in gel-druppel verdunningsmiddel.
Volg die aanwysings noukeurig.
Gel-druppel toedieningsmetode
Die toediening van die gel druppel behels die vermenging van die entstof in die gel, 'n spesifieke verdunningsmiddel wat saam met die entstof voorsien word, om gel druppels te vorm wat op die dagoud kuikens se donsvere aangewend word.
Deur gebruik te maak van kuikens se natuurlike gedrag om te pik, word die gel-druppels binne enkele minute van die kuikens afgehaal en die oosiste wat in die gel-druppels hang, word ingeneem.
Die gel-verdunningsmiddels hou die oosiste in suspensie in die entstofhouer tydens die toediening.
Vir 10 000 dosis IMMUCOX® 5 Gel-druppels –
Voeg 70 g gel-druppel verdunningsmiddel stadig by 2,5 ℓ kamertemperatuur gedistileerde water of tru-osmose water. in ‘n gepaste menghouer en meng met ‘n handmenger. Maak seker dat alle klonte opgelos is.
Skud 10 000 dosis van IMMUCOX® 5 entstof goed, voeg by en meng met ‘n handmenger.
Geen verdere agitasie word benodig vir dieselfde dag van gebruik nie.
Inenting op dagoud (broeikas) tot 3 dae oud in 'n verhouding van 25 mℓ vir elke 100 voëls, deur middel van 'n gel-druppelmasjien of toestel.
Gel verdunningsmiddel wat op dieselfde dag gebruik gaan word, kan in ‘n toe houer by kamertemperatuur geberg word. Roer vir ‘n paar sekondes voor gebruik.
Gel verdunningsmiddel wat binne twee dae gebruik gaan word, behoort in die yskas gehou te word. Roer vir ‘n paar sekondes voor gebruik.
LET WEL:
Die vermoȅ van Immucox® 5 om behulpsaam te wees in die ontwikkeling van immuniteit teen koksidiose by hoenders hang van baie faktore af.
Dit sluit in, maar is nie beperk tot toestand van berging en hantering van die entstof deur die verbruiker, toediening van die entstof , die reaksie van individuele hoenders op die entstof en hoedanig die gebruiksaanwysing en voorsorgmaatreȅls nagevolg word nie.
AANBIEDING
10 mℓ bevat 1 000, 2 000 of 5 000 dosisse
REGISTRASIEHOUER
Ceva Animal Health (Edms) Bpk.
(Reg. Nr. 1973/016009/07)
Posbus 7707
Halfway House, 1685
Tel. +27 11 312 4088
VERVAARDIGER
Vetech Laboratories
131 Malcolm Road
Guelph, Ontario
Canada
N1K 1 A8