‘n inspuitbare oplossing wat Rooiwater (Babesiose) en Bosluisgalsiekte (Anaplasmose) in beeste genees.
Imidox® is ‘n inspuitbare oplossing wat Rooiwater (Babesiose) en Bosluisgalsiekte (Anaplasmose) in beeste genees. Dit kan in beeste gebruik word in die voorkoming van Asiatiese Rooiwater vir tot 4 weke en Afrika Rooiwater vir tot 8 weke. Imidox® is ook aangedui vir die behandeling van Babesiose in perde en honde.
SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
IMIDOX® INJECTION
Reg Nr G3257 Wet 36/1947
Inspuitbare Oplossing
VERSIGTIG
INDIKASIES
Imidox® is ‘n inspuitbare oplossing wat Rooiwater (Babesiose) en Bosluisgalsiekte (Anaplasmose) in beeste genees. Dit kan in beeste gebruik word in die voorkoming van Asiatiese Rooiwater vir tot 4 weke en Afrika Rooiwater vir tot 8 weke. Imidox® is ook aangedui vir die behandeling van Babesiose in perde en honde.
BERGING
Kan geberg word teen temperatuur hoër as 8 °C maar onder 25 °C. Moet nie vries nie. Beskerm teen lig.
Gebruik die inhoud van die fles binne 28 dae na die eerste produk onttrekking uit fles, vernietig alle ongebruikte produk.
SAMESTELLING
Elke 1 mℓ bevat 120 mg Imidokarb Dipropionaat ekwivalent aan 85 mg per mℓ Imidokarb.
WAARSKUWINGS
- Moet nie diere vir menslike gebruik slag binne 213 dae na laaste behandeling.
- Indien gebruik word as 'n enkel behandeling teen die aanbevole dosis van 1 mℓ/100 kg, kan diere geslag word 80 dae na behandeling.
- Moet nie in lakterende koeie waar die melk of melkprodukte vir menslike gebruik bestem is gebruik nie.
- Moet nie die voorgeskrewe dosis oorskry nie.
- Moet nie die produk na die vervaldatum gebruik nie, dit mag onaktief of skadelik vir die dier wees.
- Swelling van die inspuitplek mag voorkom in sekere diere. Dit is van verbygaande aard en sal verdwyn sonder dat absesse gevorm word.
- Speekselvloei mag waargeneem word na behandeling.
- Beskerm teen lig.
- Behandeling van oordosering is simptomaties en ondersteunend.
- Indien vergiftiging plaasvind, raadpleeg ‘n geneesheer of professionele gesondheidswerker.
- Alhoewel hierdie middel onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag die faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
- Hou buite bereik van kinders en oningeligte persone en diere.
VOORSORGMAATREËLS
- Verhoed binneaarse toediening.
- Die inspuitplek moet deeglik ontsmet word voor inspuiting.
- Raak ontslae van leë houers deur dit in papier toe te draai en in vullis houers te plaas.
- Weggooibare naalde moet onmiddelik in ‘n voorafbestemde houer wat duidelik gemerk is geplaas word.
DOSIS
BEESTE
Terapie vir Babesiose:
1 mℓ per 100 kg liggaamsmassa per onderhuidse inspuiting aan die kant van die nek, of per binnespierse inspuiting. In baie erge gevalle mag ‘n tweede inspuiting na 24 uur weer nodig wees.
Chemoprofilakse van bees Babesiose:
2,5 mℓ per 100 kg liggaamsmassa onderhuids aan die kant van die nek of binnespierse inspuiting. Die profilaktiese periode vir Babesia bovis is tot 4 weke en vir Babesia bigemina tot 8 weke. Onder veldtoestande is dit onder sekere omstandighede moontlik, bv. met ‘n hoë besmetting, dat uitbrake van B. bovis mag plaasvind, so gou as 18 dae na die profilaktiese toediening van Imidox®. Immuniteit ontwikkel as behandelde diere gedaag word in die profilaktiese periode.
Moet nie die dosis binne 4 weke herhaal nie.
Terapie vir Anaplasmose:
2,5 mℓ per 100 kg liggaamsmassa per onderhuidse inspuiting aan die kant van die nek, of per binnespierse inspuiting.
PERDE
Perde Babesiose:
B. caballi: 2 mℓ per 100 kg liggaamsmassa per binnespierse inspuiting.
B. equi: 2 mℓ per 100 kg liggaamsmassa per binnespierse inspuiting. Twee behandelings binne 24 uur mag nodig wees.
HONDE
Honde Babesiose:
0,5 mℓ per 10 kg liggaamsmassa met onderhuidse inspuiting aan die kant van die nek.
GEBRUIKSAANWYSINGS: GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI.
Steriliseer alle inspuit apparaat deur dit te kook (of soortgelyk) voor gebruik.
Verhoed die gebruik van sterk ontsmettingsmiddels op spuite en naalde.
Onderhou higiëne te alle tye.
Hou naalde skerp en skoon. Vervang gereeld.
Waar moontlik moenie diere in nat weer of stof toestande behandel nie.
Hierdie produk moet slegs onder die vel toegedien word, verkieslik hoog teen die nek agter die oor.
FARMAKOLOGIESE AKSIE
Imidokarbdipropionaat is ‘n derivaat van die karbaniliede antiprotosoïese middels.
Alhoewel die presiese metode van aksie van die middel onbekend is, is dit moontlik dat meganiese inmenging met die sellulêre herstel en replikasie plaasvind deur binding met die DNA.
Imidokarb is hoogs doeltreffend teen besmettings veroorsaak deur Babesia and Anaplasma spp.
Babesiose, ook bekend as Rooiwater word veroorsaak deur bosluisoordraagbare protosoïese parasiete van die genus Babesia. Babesiose word gekenmerk deur koors, anemie, geelsug en hemoglobinurie. Dit is ‘n wydverspreide siekte, meer algemeen in tropiese gebiede waar bosluis Rhipicephalus (Boophilus) decoloratusen Rhipicephalus (Boophilus) microplus algemeen voorkom. Die mees belangrike parasiete wat Babesiose in beeste veroorsaak is Babesia bovis and Babesia bigemina.
In endemiese gebiede word kalwers op ‘n jong ouderdom met Babesia besmet, maar die besmetting manifesteer nie as ‘n kliniese geval nie weens natuurlike weerstand. Diere wat vroeg besmet word, is draers van die besmetting en bly immuun teen die kliniese siekte vir solank as die besmetting duur. Herbesmetting vind gereeld plaas in endemiese gebiede. Sonder besmetting word immuniteit binne ‘n paar maande verloor met gevolglike kliniese gevalle.
Kliniese siekte toestande ontstaan meestal wanneer:
- Vatbare diere vervoer word van ‘n nie-endemiese gebied na ‘n endemiese gebied
- Kontak ontstaan tussen besmette en nie-besmette diere
- Epidemies ontstaan nadat die besmetting na nie-endemiese gebiede verskuif is, of ‘n skielike verhoging in die bosluispopulasie ontstaan het onder gunstige omgewingsfaktore
- Die bosluis oordraging populasie neem af, agv veranderde weersomstandighede of deur doeltreffende bosluisbeheer maatreëls wat tot gevolg het dat herbesmetting afneem wat dan tot die verlaging van immuniteit aanleiding gee.
Behandeling van kliniese gevalle van Babesiose met Imidox® is mees effektief wanneer diere vroeg in die verloop van die siekte behandel word, in kombinasie met ondersteuningsbehandeling soos die verskaffing van skaduwee.
Wanneer die siekte ernstig is, mag opvolg behandeling met Imidox® nodig wees na 24 uur.
Sterilisasie van die besmetting met Imidox® ontstaan met totale eliminasie van die Babesia parasiete uit draer diere.
Eliminasie van die draer is nodig waar diere uit endemiese gebiede na nie-endemiese gebiede geskuif word wat andersins sal veroorsaak dat vatbare diere besmet word.
Voorkoming van Babesia besmetting mag verkry word deur vatbare diere met Imidox® te behandel voordat hulle na ‘n endemiese gebied verskuif word. Oor ‘n periode van tyd sal die vlak van Iimidokarb in die dier se liggaam afneem, wat ‘n klein hoeveelheid parasiete sal toelaat om die dier se sisteem te infekteer, terwyl die dier nog deur die middel beskerm word. Die resultaat is die ontwikkeling van immuniteit teen die siekte sonder voorkoms van enige kliniese tekens.
Indien daar geen blootstelling aan besmetting is gedurende die afname van Imidokarb in die dier nie, sal die dier vatbaar word vir die kliniese siektetoestand. ‘n Enkel dosis van Imidox® sal beskerming teen besmetting bied vir tot 4 weke. Imidox® is doeltreffend vir die beskerming van vatbare diere teen Babesiose waar daar deur ‘n endemiese gebied beweeg moet word. Uitbrake kan beheer word deur voorkomingsdosisse van Imidox® aan alle diere wat aan die siekte blootgestel was toe te dien, daar moet egter opgelet word dat enting op ‘n later stadium noodsaaklik is.
Anaplasmose is ‘n bosluisoorgedraagde siekte veroorsaak deur die rickettsial organisme Anaplasma marginale wat die rooibloedselle parasiteer. Die verloop van die siekte kan vir maande voortduur. Die graad van siekte na besmetting verhoog in ouer diere, en bereik tot 50 % mortaliteit in vatbare volwasse beeste.
Kliniese tekens van Anaplasmose is akute bloedarmoede met koors, vergeling van oogvliese en vermaering. Afname in melkproduksie en aborsies is algemeen.
Die kliniese tekens van Anaplasmose en Babesiose is baie dieselfde, maar die dosis vlak in die behandeling van die siekte verskil. Dit is daarom belangrik dat bloedsmere voorberei word van geïdentifiseerde gevalle, vir laboratorium ondersoek om sodoende tussen die siektes te onderskei.
Imidox® is ‘n effektiewe behandeling vir Anaplasmose teen die aanbevole dosisvlak.
Ondersteunende behandelingsterapie moet ingestel word, dit sluit in verskaffing van skadu met genoegsame voer en water. In erge gevalle mag ‘n bloedoortapping benodig word.
Diere wat herstel het moet vir nog 4 weke gemonitor word na die laaste behandeling, aangesien herbehandeling nodig mag wees ingeval ‘n insinking voorkom. Om die risiko van oordraging van die siekte te verlaag, moet die kudde verskeie kere met bosluisdipmiddels gedip word om bosluise te beheer.
AANBIEDING
Imidox® Inspuiting is beskikbaar in 20 mℓ donkerglas of 100 mℓ donker poliëtileen multi-dosis flesse in kartonne.
REGISTRASIEHOUER
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House
1685
Tel. 011 312 4088