SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
HYOGEN
Reg Nr G4124 Wet 36 / 1947
‘n Geïnaktiveerde adjuvant entstof vir die immunisering van gesonde varke teen vark ensoötiese longontsteking wat deur Mycoplasma hyopneumoniae veroorsaak word.
BERGING
Berg teen 2 – 8 °C.
Moet nie vries nie.
Beskerm teen sonlig.
Onbehoorlike berging van die entstof mag verlies aan effektiwiteit tot gevolg hê.
SAMESTELLING
Die entstof bevat ‘n geïnaktiveerde Mycoplasma hyopneumoniae kultuur, gekombineer met ‘n olie adjuvant met tiomersal as preserveermiddel.
WAARSKUWINGS
- ONTREKKINGSPERIODE VIR VLEIS : 21 DAE.
- MOET NIE strydig met "GEBRUIKSAANWYSINGS" gebruik word nie.
- ENT SLEGS GESONDE VARKE.
- Toevallige selfinspuiting mag ‘n ernstige lokale allergiese reaksie veroorsaak. As dit gebeur, raadpleeg ‘n dokter.
- Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
- Alhoewel hierdie entstof breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS
- Verseker behoorlike dosering. Moet nie onder doseer nie.
- Moet nie antimikrobiese middels 10 dae voor of na inenting toedien nie.
- Moet nie die entstof met ander entstowwe of middels meng nie.
- Neem aseptiese voorsorgmaatreëls en verseker dat alle inentingsapparaat skoon en steriel is voor gebruik. Moet nie chemikalië gebruik om te steriliseer nie.
- Gebruik al die inhoud wanneer dit oopgemaak is en moet nie ongebruikte entstof hou vir toekomstige gebruik nie.
- Moet nie rook, eet of drink terwyl die produk hanteer word nie. Vermy kontak met die oë, hande en mond terwyl die entstof hanteer word.
- Was hande na gebruik.
- Raak ontslae van leë en ongebruikte houers volgens regulasies van afvalbeheer.
GEBRUIKSAANWYSINGS: GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI.
SKUD BOTTEL GOED VOOR EN GEDURENDE GEBRUIK.
DIE ENTSTOF MOET TEEN KAMER TEMPERATUUR GEHOU WORD (15 – 25 ºC) DIREK VOOR GEBRUIK.
TOEDIENING
‘n Inspuitbare geïnaktiveerde olie emulsie entstof vir binnespierse inspuiting. Die aanbevole plek is aan die kant van die nek.
DOSIS
Dien ‘n enkel dosis van 2 mℓ entstof toe vanaf 21 dae oud. In gevalle waar ensoötiese longontsteking teenwoordig is op die plaas as vroëe infeksies, kan ‘n 1 mℓ dosis toegedien word vanaf die eerste week van lewe, gevolg deur ‘n skraagdosis van 1 mℓ 2 tot 3 weke later.
Die aanvang van immuniteit is binne 17 dae na inenting.
Duur van immuniteit is 6 maande na inenting.
AANBIEDING
100 mℓ, 250 mℓ plastiekhouer.
REGISTRASIEHOUER
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House
1685
Tel +27 11 312 4088
VERVAARDIGER
Ceva-Phylaxia Veterinary Biologicals Co. Ltd.
1107 Budapest
Szállás u.5
Hongarye