SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
GLEPTOSIL®
Reg Nr G2413 Wet 36 / 1947
INDIKASIES:
Gleptosil word gebruik vir die voorkoming en behandeling van ystertekort-bloedarmoede by varkies. Varkies wat onder intensiewe toestande gebore en grootgemaak word, het ‘n tekort aan yster en word spoedig anemies. Tensy hulle op ‘n vroeë stadium aanvullende yster ontvang, is hulle geneig om aan verminderde lewenskrag te ly, stadiger te groei en meer vatbaar vir siektetoestande te wees.
BERGING:
Bewaar in ‘n koel, donker plek.
SAMESTELLING:
Elke 1 mℓ bevat 200 mg elementêre yster in die vorm Gleptoferron en 0,5 % m/v Fenol Ph. Eur. as preserveermiddel.
WAARSKUWINGS:
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Alhoewel hierdie middel breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui
DOSIS:
1 mℓ per varkie dmv binnespierse inspuiting in die nek.
Vir die voorkoming en behandeling van ystertekort-bloedarmoede: 1 mℓ (200 mg yster) binnespiers ingespuit by varkies van 3 tot 7 dae ouderdom.
Indien bestuurspraktyk dit verkies, mag varkies van 1 tot 3 dae oud ingespuit word.
In geval van bevestigde ystertekort behandel met 1 mℓ (200 mg yster) binnespiers toegedien.
TOEDIENING:
Die gebruik van ‘n outomatiese spuittoestel word aanbeveel.
Gleptosil® word aanbeveel vir toediening dmv binnespierse inspuiting in die nek net onderkant die oor. Die inspuitingsplek behoort skoon te wees en met watte wat in spiritus gedoop is, gedep te word. Oormatige spiritus behoort voor inspuiting weggevee te word. Beide spuit en naalde moet voor gebruik gesteriliseer word deur hulle in water te kook. Die rubberseël van die fles behoort met watte wat in spiritus geweek is, afgevee te word.
Die fles word in ‘n foelie sakkie verpak wat net voor gebruik oopgemaak moet word.
Gebruik binne 28 dae van oopmaak.
AANBIEDING:
Gleptosil is beskikbaar in ‘n 100 mℓ plastiese fles.
REGISTRASIEHOUER:
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House 1685
011 312 4088