SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
EPRECIS 1 %
Reg Nr G3917 Wet 36/1947, Namibië Reg Nr V11/18.1.2/957 Wet 13/2003
‘n Antiparasitiese veemiddel vir die behandeling en beheer van interne en eksterne parasiete in vleis en melk beeste, insluitend lakterende melk koeie.
BERGING:
Berg in ‘n koel droë plek onder 25 ºC en beskerm teen lig.
SAMESTELLING:
Elke 100 mℓ bevat
Eprinomektien 1,0 g
WAARSKUWINGS:
- Onttrekkingsperiode vir vleis en afval: 7 dae.
- Onttrekkingsperiode vir melk: 24 uur.
- Moet nie binneaars of binnespiers toedien nie.
- Mag giftig vir water organismes wees. Moet nie strome, riviere of waterweë besoedel met die produk of gebruikte houers nie.
- Tydelike pyn mag in ‘n paar beeste waargeneem word na onderhuidse inspuiting. Hierdie reaksies sal verdwyn sonder behandeling.
- Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
- Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
Voorsorgmaatreëls:
- Gebruik steriele inentingstoerusting en volg aseptiese prosedure.
- Inenting van beeste teen Klostridiale infeksies (bv Sponssiekte) word sterk aanbeveel.
- Moet nie meer as 15 mℓ per inspuitingsplek toedien nie.
- Die produk kan gebruik word vir ‘n maand nadat dit vir die eerste keer oopgemaak is.
- Raak ontslae van enige veemiddel houers en oorblywende inhoud op ‘n veilige manier, di deur dit te verbrand of te begrawe.
¹ Makrosikliese laktoon
GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui.
Slegs vir onderhuidse inspuiting.
Spuit beeste onder die los vel voor of agter die skouer.
Moet nie meer as 15 mℓ per inspuitingsplek toedien nie. Hierdie is van toepassing in diere swaarder as 750 kg.
Die dosis is 1 mℓ/50 kg liggaamsmassa as ‘n enkele inspuiting (gelykstaande aan 200 µg Eprinomektien/kg liggaamsmassa).
Die volgende tabel mag as ‘n gids gebruik word:
Lewendige massa | Dosis volume | Dosisse per verpakking |
---|
(kg) | (mℓ) | 50 mℓ | 100 mℓ | 250 mℓ | 500 mℓ |
50 | 1 mℓ | 50 | 100 | 250 | 500 |
100 | 2 mℓ | 25 | 50 | 125 | 250 |
150 | 3 mℓ | 16 | 33 | 83 | 166 |
200 | 4 mℓ | 12 | 25 | 62 | 125 |
250 | 5 mℓ | 10 | 20 | 50 | 100 |
300 | 6 mℓ | 8 | 16 | 41 | 83 |
350 | 7 mℓ | 7 | 14 | 35 | 71 |
400 | 8 ml | 6 | 12 | 31 | 62 |
450 | 9 mℓ | 5 | 11 | 27 | 55 |
500 | 10 mℓ | 5 | 10 | 25 | 50 |
550 | 11 mℓ | 4 | 9 | 22 | 45 |
600 | 12 mℓ | 4 | 8 | 20 | 41 |
650 | 13 mℓ | 3 | 7 | 19 | 38 |
700 | 14 mℓ | 3 | 7 | 17 | 35 |
DOELTREFFENDHEID:
Inwendige parasiete:
EPRECIS® 1 % word gebruik vir die behandeling en beheer van die volgende spesies volwasse en vierde larf stadium (L4) rondewurms in beeste:
Rondewurm spesies | Onvolwasse | Volwasse |
---|
Bruin maagwurm Ostertagia spp. | * | * |
Bees bankrotwurm Cooperia spp. | * | * |
Haarwurm Haemonchus placei | * | * |
Bankrotwurm Trichostrongylus spp. | * | * |
Haakwurm Bunostomum phlebotomum | * | * |
Langnekbankrotwurm Nematodirus helvetianus | * | * |
Knoppieswurm Oesophagostomum radiatum | * | * |
Sambokwurm Trichuris spp. | | * |
Longwurm Dictyocaulis viviparous | * | * |
Oogwurm Thelazia rhodesii | * | * |
Definisie: * Beheer: ≥ 90 % effektief.
Uitwendige parasiete:
Bosluise:
Beheer Bloubosluise (Rhipicephalus (Boophilus) decoloratus spp.).
Vir die beheer van Bloubosluise, gebruik EPRECIS® 1 % met 28 dae intervalle.
VERPAKKING:
50 mℓ, 100 mℓ, 250 mℓ en 500 mℓ verpakkings.
REGISTRASIEHOUER:
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House, 1685
Tel: 011 312 4088