DOXYVIT 100 SOLUBLE POWDER word aanbeveel vir mondelingse toediening vir die behandeling van asemhalingsiektes, dermkanaal ontsteking en sistemiese besmettings van hoenders, kalkoene en ganse veroorsaak deur organismes sensitief vir doksisiklien. Hierdie indikasies sluit in:
Mycoplasma spp., E. coli., Pasteurella spp., Haemophilus spp., Chlamydia spp., Bordetella spp. en Clostridium spp.
Doksisiklien hidrochloried 100,0 g / kg
SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
DOXYVIT 100 SOLUBLE POWDER
Reg Nr G3666 Wet 36/1947
INDIKASIES:
DOXYVIT 100 SOLUBLE POWDER word aanbeveel vir mondelingse toediening vir die behandeling van asemhalingsiektes, dermkanaal ontsteking en sistemiese besmettings van hoenders, kalkoene en ganse veroorsaak deur organismes sensitief vir doksisiklien. Hierdie indikasies sluit in:
Mycoplasma spp., E. coli., Pasteurella spp., Haemophilus spp., Chlamydia spp., Bordetella spp. en Clostridium spp.
BERGING:
Berg in ‘n koel droë plek tussen 15 en 25 °C, beskerm teen lig.
Maak houer ordentlik toe na gebruik.
SAMESTELLING:
Doksisiklien hidrochloried 100,0 g / kg
WAARSKUWINGS:
Onttrekkingsperiode vir vleis: 7 dae.
Moenie gebruik in hoenders, kalkoene of ganse wat eiers vir menslike gebruik produseer nie.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS:
Geen newe-effekte teen voorgeskrewe dosis.
Die persoon wat die produk toedien moet handskoene dra tydens die hantering van die produk en direkte kontak met die vel, oë of slymvliese moet vermy word.
Was dadelik en deeglik met water na toevallige kontak van die produk met vel of oë.
GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui.
Die voorgeskrewe daaglikse dosis van DOXYVIT 100 Soluble Powder vir hoenders, kalkoene en ganse is 10 mg doksisiklien per kg liggaamsmassa toegedien vir drie tot vyf dae.
Om seker te maak van ‘n daaglikse inname van 10 mg doksisiklien per kg, kan DOXYIT 100 Soluble Powder toegedien word op een van twee maniere:
Pols dosering medikasie
DOXYVIT 100 behoort verkieslik toegedien te word deur die drinkwater in enkele dosisse te bereken op die basis van 10 mg doksisiklien per kg lewendige liggaamsmassa. Die daaglikse behoefte moet toegedien word vir die hoenders, kalkoene of ganse in ‘n beperkte hoeveelheid water wat binne 6 - 8 ure gedrink moet word. Nadat die behandelde water klaar gedrink is, moet vars onbehandelde water verskaf word.
Aanhoudende medikasie
Alternatiewelik, kan DOXYVIT 100 ook aanhoudend toegedien word met ‘n konsentrasie van 100 ppm (1,0 g DOXYVIT 100 per liter) deur die drinkwater, as die enigste bron van drinkwater vir die hele dag.
Die oplossing moet vars opgemaak word elke dag.
Geen ander bron van drinkwater moet beskikbaar wees gedurende die behandelingsperiode nie.
IDENTIFIKASIE:
Geel homogene poeier.
AANBIEDING:
DOXYVIT 100 Soluble Powder is beskikbaar in
Aluminium foelie sakke van 100 g, 200 g, 500 g,1 kg, 10 kg, 20 kg en 25 kg
Gelamineerde sakkies van 10 x 10 g in ‘n karton.
REGISTRASIEHOUER:
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House 1685
011 312 4088