SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
DOUVISTOME
Reg Nr G4185 Wet 36/1947
Orale suspensie
Orale wurmmiddel suspensie vir die behandeling en beheer van lewerslak, reuse lewerslak en peervormige slak in beeste.
BERGING
Berg in ‘n koel droë plek benede 25 ˚C en beskerm teen lig.
SAMESTELLING
Elke 100 mℓ bevat:
Oksiklosanied 3,40 g/100 mℓ
Eksipiënt q.s. ad. 100 mℓ
WAARSKUWINGS
- Onttrekkingsperiode vir vleis en afval: 14 dae.
- Nul ontrekkingsperiode vir melk.
- Gebruik slegs soos aangedui onder “Gebruiksaanwysings”.
- Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
- Alhoewel hierdie middel breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS
- Moenie natuurlike waterbronne (riviere, damme, mere, ens.) besoedel met houers of oorblywende inhoud van houers.
- Doen weg met enige houers of oorblywende inhoud op ‘n veilige manier volgens regulasies ten opsigte van afvalverwyderingsbestuur.
- Moenie leë bottels hergebruik nie.
- Moenie eet, drink of rook tydens hantering van die produk nie.
- Was hande deeglik na gebruik.
GEBRUIKSAANWYSINGS: GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI.
Slegs vir orale toediening.
Skud goed voor gebruik.
DOUVISTOME is gereed vir gebruik met standaard wurmmiddel toedieningsapparaat.
Voor behandeling moet diere geweeg word.
Moenie onderdoseer nie.
Korrekte toedieningstegniek moet toegepas word.
Waar daar ‘n wye verskeidenheid dieregewigte binne ‘n groep is, moet dosisse aangepas word vir elke liggaamsmassa groep volgens etiket aanwysings.
Toedieningsapparaat akkuraatheid moet gereeld gekontroleer word.
Deeglike skoonmaak en spoeling van apparaat moet onmiddellik na gebruik gedoen word.
DOSERINGSMAATREËLS
Moenie enige van hierdie doseringsmaatreëls verander nie tensy dit deur ‘n konsulterende veearts aanbeveel word.
- Beeste: 10 mg Oksiklosanied/kg liggaamsmassa
Liggaamsmassa | Dosis |
---|
50 tot 350 kg | 15 mℓ Douvistome / 50 kg liggaamsmassa |
Meer as 350 kg | 100 mℓ Douvistome/dier |
DOELTREFFENDHEID
Hoogs effektief (> 90 % effektief) teen volwasse lewerslak (Fasciola hepatica) en reuse lewerslak (Fasciola gigantica) in beeste.
Hoogs effektief (> 90 % effektief) teen onvolwasse en volwasse peervormige slak (Calicophoron spp.) in beeste.
AANBIEDING
1ℓ, 2 ℓ, 5 ℓ plastiese bottels met skroef deksel.
REGISTRASIEHOUER
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House
1685
Tel: +27 11 312 4088
(4) Salisielaniliedes