SLEGS VIR DIERGEBRUIK
CIRCOVAC®
Reg. Nr. G3871 Wet 36/1947
Namibië Reg. Nr. V11/24.5/1026 Wet 13/2003
INDIKASIES
Inenting van sôe en jong sôe:
Passiewe immunisasie van varkies via die kolostrum, na toediening aan sôe en jong sôe, om infeksie en virus uitskeiding, letsels en kliniese tekens veroorsaak deur varksirkovirus tipe 2, te verminder.
Inenting van varkies:
Aktiewe immunisasie om infeksie en virus uitskeiding, letsels en kliniese tekens veroorsaak deur varksirkovirus tipe 2, te verminder.
BERGING
Bewaar en vervoer verkoel tussen +2 ºC en +8 ºC.
Beskerm teen lig.
Gebruik binne 3 ure na hersamestelling.
SAMESTELLING
Per een hersaamgestelde 2 mℓ dosis:
Geїnaktiveerde varksirkovirus
tiepe 2 (PCV2)…………………………....≥ 2.1 log 10 ELISA Eenhede
Tiomersal..…………………………………0.20 mg
Olie adjuvant..……………………..…….q.s. 2 mℓ
WAARSKUWINGS
- Moet nie varke vir menslike gebruik slag voor 21 dae na inenting nie.
- Pas gebruiklike prosedure toe vir die hantering van diere.
- Pas gebruiklike aseptiese prosedure toe.
- Geen bewuste interaksie met enige ander medisinale verbindings nie..
- Inenting mag ‘n verbygaande edeem en ‘n lokale reaksie veroorsaak sonder enige effek op die gesondheid en reproduktiewe prestasie van die diere.
- Inenting mag in uitsonderlike gevalle hipersensitiewe reaksies veroorsaak. In sulke gevalle, moet toepaslike simptomatiese behandeling toegepas word.
- Geen ongewenste effekte, behalwe die wat onder die vorige 2 punte gemeld is, was waargeneem na toediening van ‘n dubbel- inentingsdosis nie.
- Moet nie met enige ander medisinale produk meng nie.
- Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
- Alhoewel hierdie middel omvattend onder ‘n groot verskeidenheid toestande getoets is, mag dit om verskeie redes faal. Indien dit vermoed word, raadpleeg 'n veearts en verwittig die Registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS
Aan die gebruiker:Hierdie produk bevat minerale olie. Toevallige menslike inspuiting mag erge pyn en swelling tot gevolg hê, veral wanneer dit in ‘n gewrig of vinger ingespuit is, en in seldsame gevalle kan dit tot die verlies van die geaffekteerde vinger ly indien onmiddelike mediese sorg nie toegedien word nie. In geval van toevallige menslike inspuiting met die produk, verkry mediese advies onmiddelik selfs al is ‘n baie klein hoeveelheid ingespuit en neem die voubiljet saam. Indien die pyn vir meer as 12 uur na die mediese ondersoek voortduur, soek weer mediese advies.
Aan die geneesheer:Hierdie produk bevat minerale olie. Selfs wanneer klein hoeveelhede ingespuit is, kan toevallige menslike inspuiting met hierdie produk erge swelling veroorsaak, wat byvoorbeeld iskemiese nekrose en selfs die verlies van ‘n vinger tot gevolg mag hê. Deskundige, onmiddelike, chirurgiese aandag word vereis en mag vroeë insnyding en uitspoeling van die ingespuite area, veral waar vingerweefsel en sening betrokke is, noodsaaklik maak.
DOSIS EN GEBRUIKSAANWYSINGS (GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI)
- Gebruik slegs soos aangedui.
- Kan tydens dragtigheid gebruik word.
- Meng die inhoud van die CIRCOVAC suspensie bottel met die inhoud van die CIRCOVAC emulsie bottel.
Passiewe immunisasie: Inenting van sôe (of jong sôe)
- Een hersaamgestelde 2 mℓ dosis word deur diep intramuskulêre roete volgens die volgende inentingsprogram toegedien:
Primêre inenting
2 inspuitings 3 – 4 weke uitmekaar, ten minste twee weke voor paring.
Herinenting
Een inspuiting met elke dragtigheid, ten minste twee weke voor varkies gebore word.
Aktiewe immunisasie: Inenting van varkies
- Een hersaamgestelde 0.5 mℓ dosis word deur diep intramuskulêre roete volgens die volgende inentingsprogram toegedien:
Een inspuiting vanaf drie weke oud.
AANBIEDINGS
Suspensie en emulsie vir inspuitbare emulsie.
5 sog-dosisse of 20 varkie-dosisse:
1 bottel met 5 sog-dosisse of 20 varkie-dosisse suspensie + 1 bottel met 5 sog-dosisse of 20 varkie-dosisse emulsie.
10 x 5 sog-dosisse of 20 varkie-dosisse:
10 bottels met 5 sog-dosisse of 20 varkie-dosisse suspensie + 10 bottels met 5 sog-dosisse of 20 varkie-dosisse emulsie.
25 sog-dosisse of 100 varkie-dosisse:
1 bottel met 25 sog-dosisse of 100 varkie-dosisse suspensie + 1 bottel met 25 sog-dosisse of 100 varkie-dosisse emulsie.
10 x 25 sog-dosisse of 100 varkie-dosisse:
10 bottels met 25 sog-dosisse of 100 varkie-dosisse suspensie + 10 bottels met 25 sog-dosisse of 100 varkie-dosisse emulsie.
REGISTRASIE HOUER
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
(Reg No 1973/016009/07)
Posbus 7707
Halfway House
1685
Tel: +27 11 312-4088