SLEGS VIR UITWENDIGE DIEREGEBRUIK
CYPERTRAZ® POUR-ON
Reg Nr G3472 Wet 36/1947, Namibië Reg Nr V04/18.13.9/728 Wet 13/2003
Beheer bosluise, huis-, stal- en gesigsvlieë en dood luise op beeste. Beheer Rhipicephalus appendiculatus en Rhipicephalus evertsi op skape en bokke
VERSIGTIG
BERGING:
Berg onder 25 °C
SAMESTELLING:
Sipermetrien 15,0 g / ℓ
Amitras 17,5 g / ℓ
WAARSKUWINGS:
Moenie diere binne 14 dae na laaste behandeling vir menslike verbruik slag nie.
(Melk van behandelde diere kan vir menslike verbruik gebruik word direk na aanwending).
MOENIE OP PERDE GEBRUIK NIE – GIFTIG VIR PERDE.
GIFTIG VIR VISSE, BYE EN REPTIELE.
Hanteer versigtig.
Giftig met kontak en as ingesluk of ingeasem word.
Jong diere onder die ouderdom van 6 maande moet streng volgens liggaamsmassa behandel word.
Tekens van oormatige speeksel afskeiding en lomerigheid mag voorkom by oordosering. Die tekens is van verbygaande aard en sal geen newe effekte laat nie.
‘n Vel wat sensitief word mag by sekere individuele diere voorkom. Onder sekere omstandighede, soos aanwending op diere met ‘n dun vel en gedurende warm weer, mag irritasie van die vel waargeneem word en daarom moet die produk onder sulke omstandighede met omsigtigheid gebruik word.
Die produk behoort nie op melkbeeste gebruik te word waar irritasie ‘n verlies aan melk produksie tot gevolg kan hê nie.
Berg weg van voedsel en voer.
Hou buite die bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Alhoewel hierdie middel breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS:
Moenie met enige ander produk vermeng nie.
Vermy kontak met die produk.
Was hande onmiddellik met seep en water na toevallige kontak.
Kontak met die produk mag ‘n branderige sensasie op die vel en in die oë tot gevolg hê, wat vir 24 uur kan volhou. Die reaksie is van verbygaande aard met geen skadelike effek nie.
Verwyder en was besoedelde klere.
Was hande deeglik voor daar geëet, gedrink of gerook word.
Voorkom kontaminasie van kos, toebehore, weiding, drinkwater, damme, riviere, ens.
Vernietig die leë houer en moet nooit hergebruik vir enige ander doel nie.
Was hande deeglik na gebruik.
Ingeval van toevallige vergiftiging of inname, raadpleeg ‘n geneesheer en stel hierdie etiket aan hom beskikbaar.
Daar is geen spesifieke teenmiddel, behandel simptomaties.
GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aanbeveel.
Skud goed voor gebruik.
Beeste:
Vir die beheer van bosluise, huisvlieë, stalvlieë en luise, gebruik 1 mℓ / 10 kg liggaamsmassa.
Wend die nodige dosis aan op die middellyn van die rug van die diere wat behandel word.
Aanwending behoort gedoen te word met ‘n geskikte aanwender vanaf die kop tot by die basis van die stert.
‘n Gedeelte van die dosis kan ook as ‘n kolbehandeling toegedien word op plekke waar daar ‘n versameling van bosluise is.
Behandel weekliks vir 3 weke.
Behandel daarna na gelang van die besmetting.
Skape:
Vir die beheer van Bruinoor- en Rooipootbosluise, gebruik 1 mℓ / 10 kg liggaamsmassa.
Wend die nodige dosis op die vel aan, onder elke been en die stert van elke dier wat behandel word.
Behandel na gelang van die besmetting.
AANBIEDING:
1 ℓ, 5 ℓ, 5 ℓ rugsak, 20 ℓ
REGISTRASIEHOUER:
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House 1682
011 312 4088