1 % inspuitbare Ivermektien vir skape en beeste ① Makrosikliese laktoon
INDIKASIES - BEESTE EN SKAPE
Inwendige parasiete by beeste
Uitwendige parasiete by beeste
Uitwendige parasiete by skape
SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
CEVAMEC 1 % Injectable solution
Reg Nr G2811 Wet 36/1947
Namibië Reg Nr V01/18.1.2/182 Wet 13/2003
Antiparasitiese middel vir beeste en skape
VERSIGTIG
BERGING
Berg onder 30 ºC en weg van sonlig.
Samestelling
Ivermektien 10 mg/mℓ
WAARSKUWINGS
- Moenie beeste of skape vir menslike verbruik slag binne 21 dae vanaf laaste behandeling nie.
- Moenie in melkbeeste waarvan die melk of melkprodukte vir menslike gebruik aangewend word, gebruik nie.
- Moenie in melkbeeste binne 28 dae van kalwing gebruik nie.
- Moenie binnespiers of binneaars gebruik nie.
- Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
- Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg 'n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS
- Moenie eet, drink of rook terwyl die produk hanteer word nie.
- Berg bottel in kartonhouer om te beskerm teen sonlig.
- Was hande deeglik na gebruik.
- Beeste behoort ingeënt te word teen Klostridiale infeksies (bv. Sponssiekte).
- Skape behoort ingeënt te word teen bloednier (enterotoksemie) voor behandeling.
- Tydelike ongemak was waargeneem by diere na onderhuidse inspuitings. Die pynreaksie is soms intens, maar is gewoonlik kortstondig. 'n Paar gevalle van sagteweefsel swelling by die inspuitplek is ook waargeneem. Hierdie reaksies verdwyn sonder behandeling.
INDIKASIES - BEESTE EN SKAPE
Inwendige parasiete by beeste
Vir die behandeling van gastro-intestinale rondewurms, Parafilaria bovicola (valskneusing) en oogwurm (Thelazia).
CEVAMEC 1% Injectable Solution is effektief teen die volgende inwendige parasiete in beeste, wanneer onderhuids toegedien word teen die aanbevole dosis van 200 µg/kg liggaamsmassa.
Bees Rondewurms | Onvolwasse | Volwasse |
---|---|---|
Haarwurm Bruinmaagwurrn Beesbankrotwurm Haakwurm Knoppieswurm | * * * * * | * * * * * |
Thelazia (0ogwurm) | * | |
Parafilaria bovicola (Valskneusing) | ** |
Definisie:
* Beheer = > 90 % effektief
** Hulpmiddel in die beheer = 60 – 89 % effektief
* 'n Tussenpose van 70 dae moet verloop na behandeling om toe te laat dat letsels genees.
Uitwendige parasiete in beeste
Dood suigende en bytende luise en skurftemyte. Beheer sandtampanbesmetting by beeste vir tot 3 dae na behandeling. Dood spykerwurm wat teenwoordig is wanneer ingespuit word. Beskerm teen spykerwurmbesmettings vir twee weke na toediening. Beheer Blou bosluise (Boophilus spp.) op beeste. Vir beheer van Blou bosluise moet behandeling elke 21 dae herhaal word.
EFFEKTIWITEIT IN SKAPE
Uitwendige parasiete
Dood skaap brandsiektemyte. Beheer Australiese jeukmyte.
Neuswurm: hoogs effektief teen alle stadia (1 ste, 2de en 3de instar larwes).
Rondewurm spesies | Onvolwasse | Volwasse |
---|---|---|
Haakwurm Bruinmaagwurm Bankrotwurm Langnekbankrotwurm Haakwurm Knoppieswurm Grootbekwurm Longwurm | * * * ** * * * * | * * * - * * * * |
Definisie:
* Beheer = 90 % effektief
** Hulpmiddel in die beheer = 60 – 89 % effektief
GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui.
Onderhuidse roete
Dosis: Beeste
CEVAMEC 1% Injectable Solution behoort slegs onderhuids, teen die aanbevole dosisvlak van 200 µg Ivermektien per kilogram liggaamsmassa toegedien te word. Elke mℓ bevat 10 mg Ivermektien wat genoegsaam is om 50 kg liggaamsmassa te behandel.
Liggaamsmassa (kg) | Dosis volume (mℓ) |
---|---|
Tot en met 50kg 51 - 100 101 – 150 151 – 200 201 – 250 251 – 300 301 – 350 351 – 400 401 – 450 451 – 500 501 – 550 551 - 600 | 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 |
Toediening
CEVAMEC 1 % Injectable Solution moet slegs dmv onderhuidse inspuiting toegedien te word. Moet nie binnespiers of binneaars toedien nie. By beeste spuit onder die vel voor of agter die skouer. Die gebruik van 'n 16-maat 2,0 cm naald word aanbeveel. Gebruik gesteriliseerde gereedskap en volg aseptiese prosedures.
Goedgekeurde inentingsvoorsorgmaatreëls moet geneem word in areas waar die risiko van Klostridiale infeksies soos sponssiekte en kwaadaardige edeem by beeste teenwoordig is.
Verenigbaarheid
CEVAMEC 1 % Injectable Solution mag gelyktydig met Klostridiale inentings in beeste gebruik word, maar moet toegedien word op aparte inspuitplekke.
Dosis: Skape
CEVAMEC 1 % Injectable Solution behoort slegs toegedien te word teen die volgende aanbevole dosisvlak.
Liggaamsmassa (kg) | Dosis volume (mℓ) |
---|---|
0 - 25 26-50 51 - 75 76 - 100 | 0,5 1,0 1,5 2,0 |
Toediening
CEVAMEC 1% Injectable Solution moet slegs dmv onderhuidse inspuiting toegedien te word. Moet nie binnespiers of binneaars toegedien word nie. Die oplossing kan dmv enige standaard outomatiese of enkeldosis apparaat toegedien word. Gebruik steriele tegnieke. Die los vel agter die skouer, die vel onder die voorbeen (oksel) en die binnekant van die dy is geskikte plekke vir toediening. Verseker dat die naald versigtig ingesteek word en dat die oplossing nie vanuit die inspuitplek lek nie. In wollerige skape, verseker dat die naald deur die wol en die vel penetreer alvorens die dosis toegedien word.
Skaapbrandsiekte is 'n aanmeldbare siekte en moet by die naaste staatsveearts kantoor aangemeld word. Behandeling van verdagte of bevestigde uitbrake moet onder staatstoesig geskied. Vir die behandeling van die uitbraak van skaapbrandsiekte by skape word twee behandelings sewe dae uitmekaar aanbeveel. 'n Dosis van 1 mℓ/50 kg (200 µg/kg) moet by elke behandeling toegedien word.
NOTA: Wanneer 'n uitbraak van skurfte by skape behandel word, is dit belangrik dat:
a) Al die skape op die plaas akkuraat met die korrekte dosis behandel word en daarna gemerk word.
b) Alle diere moet 7-10 dae na behandeling nagegaan word en enige diere wat nie gemerk is nie, moet behandel word.
c) Sorg moet gedra word dat elke skaap die volle dosis kry.
'n Herfsbehandeling sal derde stadia neuswurm dood en 'n lentebehandeling sal nuwe infestasies van hierdie parasiet teëwerk.
'n Behandeling in die laat-herfs sal oorblyfsels van rondewurms verwyder, asook die eerste infestasies van die rondewurm spesies wat gestimuleer word deur koeler weersomstandighede. Die lente "na-skeer" behandeling sal rondewurm besmettings wat opgebou het gedurende die winter en vroëe lente besmettings wat gestimuleer word deur die eerste reën verwyder. Dit sal bydra tot die vermindering van die besmetting van "skoon" somer weiding.
Instruksies vir die gebruik van outomatiese doseringsapparaat (250 mℓ en 500 mℓ verpakkings):
- Ontsmet alle naalde en spuite alvorens gebruik word deur dit in skoon water vir 15 tot 20 minute te kook.
- Gekookte naalde moet voor gebruik in 'n steriele oplossing geberg word en gereeld geruil word wanneer diere ingespuit word.
- Verwyder die aftrek montering van die steriele houer.
- Hanteer versigtig om kontaminasie te vermy.
- Verbind die plastiek buis stewig met die doseringspuit.
- Verwyder dop van bottel en ontsmet rubberprop met brandspiritus of enige ander gepaste chemiese ontsmettingsmiddel.
- Hou bottel regop en steek die aftapnaald deur die middel van die rubberprop.
- Hang bottel in 'n gemaklike omgekeerde posisie om die nek, skouer of middel.
- Gebruik bande wat verskaf word.
- Vul spuit versigtig. Apparaat is nou gereed vir gebruik.
- Na gebruik, verwyder aftrek montering van die houer en spoel die hele apparaat uit met water voordat dit gebere word.
- Indien hegtingsbuis her-gebruik word, moet dit vir 15 tot 20 minute gekook word alvorens dit weer gebruik word met die spuit en naalde.
- Berg halfgebruikte bottel in kartonhouer om dit teen sonlig te beskerm.
- Moet nie leë bottels weer gebruik nie.
OMGEWINGSVEILIGHEID
Studies het getoon dat wanneer Ivermektien in aanraking kom met die grond, bind dit onmiddellik en stewig met die grond en raak na 'n ruk onaktief.
Medisyne houers en enige residuele inhoud moet veilig weggegooi word (bv deur dit te begrawe of verbrand), aangesien vry Ivermektien negatiewe effekte op visse en sekere water organismes kan hê.
AANBIEDING
50 mℓ, 100 mℓ, 250 mℓ, 500 mℓ plastiek flesse.
Registrasiehouer
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House
1685
Tel (011) 312-4088