SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
CEVAC® VITABRON L
Reg Nr G3458 Wet 36/1947, Zimbabwe Reg Nr 2016/80.23.17/9733 Wet 150/1991, Zambië Reg Nr 346/701V Wet 3/2013, Namibia Reg Nr V20/24.3/1462 (NSO)
‘n Lewendige, gevriesdroogde entstof vir die aktiewe immunisering van gesonde hoenderkuikens vanaf dagoud teen Newcastlesiekte (NS) en Aansteeklike Brongitis (AB).
BERGING
Berg in ‘n yskas teen 2 – 8 °C
Beskerm teen sonlig.
Onbehoorlike berging kan tot verlies aan effektiwiteit lei.
SAMESTELLING
Hierdie entstof bevat ‘n lewendige, gevriesdroogde NS virus (PHY.LMV.42 stam) en AB virus (Massachusetts tipe stam H120). Minumun titer per dosis is 106,0 EID50 ND virus and 103,3 EID50 AB virus.
WAARSKUWINGS
- Moenie hoenders binne 21 dae na inenting vir menslike gebruik slag nie.
- Kuikens wat klinies siek of swak is moet nie ingeënt word nie.
- Onbehoorlike berging of hantering van die entstof kan verswakking van die entstof veroorsaak.
- Alle vatbare hoenders op dieselfde perseel moet terselfdertyd ingeënt word.
- Soms ontwikkel simptome van respiratoriese slymvliesontsteking 3 tot 6 dae na inenting. Hierdie simptome verdwyn egter binne 10 dae.
- Toevallige kontak van die entstof met die oë kan lei tot ‘n ernstige, verbygaande oogvliesontsteking in mense. Raadpleeg ‘n dokter en stel hom/haar in kennis dat die entstof ‘n lewendige Newcastlesiekte virus bevat.
- Vernietig enige oorblywende entstof deur bv verbranding; raak ontslae van alle leë entstofhouers en toebehore na inenting.
- Alhoewel hierdie entstof breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
- Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Voorsorgmaatreëls
- Moet nie met enige ander entstof meng nie.
- Alle hoenders in die trop moet terseldertyd ingeënt word.
- Dien die entstof slegs toe gedurende die koelste periode van die dag.
- Meng slegs die hoeveelheid entstof wat onmiddellik benodig word en gebruik onmiddellik. Gebruik alles op een slag.
- Bepaal altyd die getal dosisse tot die naaste volgetal (bv. 20 000 dosisse vir 19 450 kuikens).
- Dit is goeie entstofbeleid om nie toe te laat dat die entstof met menslike oë of slymvliese in aanraking kom nie.
- Was en ontsmet hande met ‘n ontsmettingsmiddel na inenting.
GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui
Vir die aktiewe immunisering van gesonde hoenderkuikens vanaf dagoud teen Newcastlesiekte (NS) en Aansteeklike Brongitis (AB) .
Na inenting ontwikkel immuniteit binne 5 tot 7 dae. Om optimale beskerming te verwek, word aanbeveel dat herinenting 14 tot 21 dae na die eerste inenting, uitgevoer word.
Oogdruppel Metode:
CEVAC® VITABRON L entstof word gemeng met steriele oplosmiddel soos volg:
Trek die oplig plastiek dop op om die aluminium seël te verwyder vanaf die bottel wat die gevriesdroogde entstof bevat.
Deur gebruik te maak van ‘n steriele spuit en naald, plaas genoegsaam oplosmiddel in die entstofhouer om dit ¾ vol te maak en die gevriesdroogde entstof op te los. Skud deeglik tot die entstof eweredig gesuspendeer is.
CEVAC® VITABRON L entstof word gemeng met steriele oplosmiddel in die verhouding 1 000 dosisse per 30 mℓ oplosmiddel.
Gooi die virussuspensie (soos bo aangemaak) terug by die oorblywende verdunningsmiddel in die plastiekbottel.
Plaas die prop terug en skud.
Vervang die gewone prop met die plastiek druptoediener.
Hou die hoender wat ingeënt moet word met die kop effens eenkant toe.
Druk die kante van die bottel liggies en drup een druppel van die entstof in die oog. Maak seker dat die entstof oor die oogoppervlak versprei.
Moenie die hoender vrylaat voor ‘n slukaksie waargeneem is nie.
Sproeimetode:
Gebruik steriele oplosmiddel om die entstof te vermeng, soos in die oogdrup metode.
Slegs toegewyde sproeiapparaat wat onder konstante druk werk en wat die korrekte grootte (70 tot 120 µm) druppels produseer, is geskik vir sproei aanwending.
Die sproei moet eweredig toegedien word 20 – 30 cm bokant die hoenders.
Twee tot drie sproei herhalings moet bokant die hoenders uitgevoer word.
Dit word aanbeveel dat die inenting onder verminderde ligintensiteit plaasvind.
Tydens sproei toediening moet verwarmers en ventilasie tydelik afgeskakel word en luggate toegemaak word.
In hoenderhuise moet die hoenders in klein groepe bymekaar gemaak word vir sproeiaanwending.
Na toediening moet die hoenders vir ten minste 15 minute onverstoord gelaat word voor aanskakeling van die verwarmers en ventilasie.
Dagoud kuikens in kartone: 1 000 dosisse entstof word in 0,2 tot 0,3 liter steriele oplosmiddel opgelos.
Volwasse hoenders op beddegoed: 1 000 dosisse entstof in 0,5 tot 1 liter steriele oplosmiddel opgelos.
AANBIEDING
1 000, 2 000, 2 500 dosisse plus steriele verdunningsmiddel.
REGISTRASIEHOUER
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House
1685
Tel 011 312 4088
VERVAARDIG DEUR
Ceva-Phylaxia Veterinary Biologicals Co. Ltd
1107 Budapest
Szállàs u. 5
HONGARYE