SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
CEVAC® TRANSMUNE®
Reg Nr G3457 Wet 36/1947, Zimbabwe Reg Nr 2016/80.23.17/9730 Wet 150/1991, Zambië Reg Nr 346/703V Wet 3/2013,
Entstof
‘n Lewendige, gevriesdroogde entstof vir die immunisering van 18 dae oud hoenderembrios en gesonde dagoud kuikens teen Aansteeklike bursasiekte (ABS, Gumboro).
BERGING
Berg in ‘n yskas teen 2 – 8 °C
Beskerm teen sonlig.
Onbehoorlike berging kan tot verlies aan effektiwiteit lei.
SAMESTELLING
Hierdie entstof bevat ‘n lewendige, gevriesdroogde ABS virus (Winterfield 2512 G–61 stam en ABS teenliggame) van hoenderembrio oorsprong. Minimum titer per dosis is 0,1 CID50 ABS virus.
WAARSKUWINGS
- Moenie hoenders vir menslike gebruik slag binne 21 dae na inenting nie.
- Slegs lewensvatbare hoenderembrios moet ingeënt word.
- Klinies siek of swak kuikens moet nie geënt word nie.
- Moenie hoenderembrios onder 18 dae oud inent nie.
- Onbehoorlike berging of hantering van die entstof kan verswakking van die entstof veroorsaak.
- Vernietig enige oorblywende entstof deur bv. verbranding; raak ontslae van alle leë entstofhouers en toebehore na inenting.
- Alhoewel hierdie entstof breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
- Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Voorsorgmaatreëls
- Moenie hierdie entstof met enige ander entstof of medikasie meng nie.
- Gebruik slegs toegewyde in-ovo inentingsapparaat.
- Aseptiese voorsorgmaatreëls moet toegepas word.
- Maak seker dat alle inentingstoerusting (naalde, spuite en toestelle) skoon en steriel is voor gebruik.
- Meng slegs die hoeveelheid entstof wat onmiddellik benodig word en gebruik dadelik.
- Dit is goeie entstofbeleid om nie toe te laat dat die entstof met menslike oë of slymvliese in aanraking kom nie.
- Was en ontsmet hande met ‘n ontsmettingsmiddel na inenting.
GEBRUIKSAANWYSINGS : Gebruik slegs soos aangedui.
Vir die immunisering van 18 dag oue hoenderembrios deur die in–ovo metode, of dagoud kuikens deur onderhuidse (onder die vel) (nek gebied) inspuiting.
Cevac® Transmune®entstof kan gelyktydig in-ovo, toegedien word saam met ‘n gevriesde Kalkoen herpesvirus (HVT) entstof teen Marekse siekte. Die inenting kan opgevolg word met ‘n sproei-toediening van ‘n apatogene Newcastlesiekte entstof of ‘n aansteeklike bronchitis entstof wat aanbeveel is vir dag-oud kuikens, op dagoud.
Cevac® Transmune®entstof word soos volg gemeng.
Trek die oplig plastiek dop op om die aluminium seël te verwyder vanaf die bottel wat die gevriesde entstof bevat.
Lig die rubber prop versigtig aan een kant, om lug in te laat en sodoende die vakuum in die bottel te verplaas en verwyder dan die prop.
Verwyder die seël en prop van die plastiek verdunningsmiddel bottel en gooi genoeg van die verdunningsmiddel oor na die bottel wat die gevriesde entstof bevat om dit op te los.
Plaas die prop terug en skud die inhoud goed tot die entstof eweredig gesuspendeer is.
Gooi die virussuspensie terug by die oorblywende verdunningsmiddel in die plastiekbottel.
Plaas die prop terug en skud.
Die entstof is nou gereed vir gebruik.
In–Ovo Metode:
Vir die aktiewe immunisering van 18 dag oue hoenderembrios alleenlik.
Aanvaarbare beskerming sal alleenlik verwek word in behoorlik ontwikkelde embrios. Eiers wat ingeënt moet word, moet eers belig word en alle dooie embrios geskei en verwyder word.
Inspuitapparaat wat gebruik gaan word moet geen ontsmetmiddelreste bevat nie.
Voor inenting moet die posisie van die eiers nagegaan word, die vertikale langas met die lugsel bo.
Die dosis van die hersaamgestelde entstof is 0,05 mℓ per eier.
Gebruik slegs apparaat wat toegewy is aan in-ovo inspuiting.
Onderhuidse Metode:
Die onderhuidse metode word slegs in dagoud kuikens gebruik.
Aanvaarbare beskerming sal alleenlik verwek word in gesonde dagoud kuikens.
Die dosis van die hersaamgestelde entstof is 0,1 mℓ per kuiken. In gesonde kuikens word geen kliniese reaksie na inenting getoon nie.
Gebruik outomatiese of hand inentingsapparaat.
Verdunningsriglyne:
DOSISSE | VOLUME VAN STERIELE VERDUNNINGSMIDDEL BENODIG |
---|
IN-OVO INENTING | ONDERHUIDSE INENTING |
1 000 | 50 mℓ | 100 mℓ |
2 000 | 100 mℓ | 200 mℓ |
2 500 | 125 mℓ | 250 mℓ |
5 000 | 250 mℓ | 500 mℓ |
AANBIEDING
1 000, 2 000, 2 500, 5 000 en 10 000 dosisse in glasflessies plus steriele verdunningsmiddel.
REGISTRASIEHOUER
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House
1685
Tel 011 312 4088
VERVAARDIG DEUR
Ceva-Phylaxia Veterinary Biologicals Co. Ltd
1107 Budapest
Szállàs u. 5 HUNGARY