SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
CEVAC® NEW L
Reg Nr G2935 Wet 36/1947
‘n Lewendige entstof vir die inenting van gesonde voorafgeënte hoenders teen Newcastlesiekte (NS).
SAMESTELLING
Hierdie entstof bevat lewendige, vriesgedroogde NS virus (La Sota stam) van hoenderembrio oorsprong. Minimum titer per dosis is 106 EID50.
BERGING
Berg in ‘n yskas teen 2 – 8 °C.
Beskerm teen sonlig.
Onbehoorlike berging kan tot verlies aan effektiwiteit lei.
WAARSKUWINGS
- Ontrekkingsperiode vir vleis: 21 dae.
- Hoenders wat klinies siek of swak is moet nie ingeënt word nie.
- Vernietig enige oorblywende entstof deur bv verbranding.
- Raak ontslae van alle leë entstofhouers en toebehore na inenting.
- Newcastlesiekte virus veroorsaak ‘n ernstige, tydelike konjunktivitis na toevallige oogkontak. Raadpleeg onmiddellik ‘n geneesheer en verwittig hom/haar dat die entstof ‘n lewendige Newcastesiekte virus bevat.
- Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
- Alhoewel hierdie entstof breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS
- Moet nie met enige ander entstof meng nie.
- Meng slegs die hoeveelheid entstof wat onmiddellik benodig word en gebruik onmiddellik.
- Gebruik alles op een slag en moet nie dosis rek nie.
- Dit is belangrik om toe te sien dat die drinkwater wat vir die toediening van entstof gebruik word, geen ontsmettingsmiddels en/of chloor bevat nie.
- Dit is goeie entstofbeleid om nie toe te laat dat die entstof met menslike oë of slymvliese in aanraking kom nie.
- Was en ontsmet hande met ‘n ontsmettingsmiddel na inenting.
GEBRUIKSAANWYSINGS: GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI.
CEVAC® NEW L is essensieël gemik op gebruik in hoenders wat vooraf ingeënt is met ‘n matige ND entstofstam.
Inenting geskied deur middel van die drinkwater metode. Herinenting, ongeveer 3 - 4 weke na die aanvanklike inenting, word aanbeveel.
Drinkwater Metode:
Moenie ontsmettingsmiddels vir 48 uur voor inenting en 24 uur na inenting in die drinkwater gebruik nie.
Die drinkbakke moet deeglik gereinig word voor gebruik. Moet geen ontsmettingsmiddels gebruik gedurende die reinigingsproses nie. Weerhou drinkwater van hoenders vir ‘n maksimum van 1 - 2 uur afhangend van die omgewingstemperatuur.
Die volume water moet bereken word volgens die aantal en ouderdom van die hoenders wat geïmmuniseer word.
Dit sal varieër volgens omgewingstoestande. ‘n Aanduiding van mengverhoudings volg.
Vir elke 1 000-dosis verpakking, meng die entstof met skoon, koel, ongeklorineerde water as volg:
OUDERDOM | HOEVEELHEID WATER | DOSISSE |
---|
3 – 4 weke | + / - 20 liter | 1 000 |
4 – 8 weke | 20 – 30 liter | 1 000 |
8 weke | 30 – 40 liter | 1 000 |
Vir stabilisering van die entstofvirus, voeg 2 g afgeroomde melkpoeier by per 1 liter drinkwater (0,2 %) wat gebruik word vir die meng van die entstof.
Na vermenging van die entstof in die water, verdeel die behandelde water eweredig onder die hoenders. Verskaf genoeg entstofbehandelde water sodat dit binne 1 – 2 uur opgedrink sal word. Maak seker dat al die entstofbehandelde water opgedrink is voordat normale watervoorsiening hervat word.
AANBIEDING
1 000, 2 000, 2 500, 5 000 dosisse plus 30 mℓ bottels verdunningsmiddel per 1 000 dosisse.
REGISTRASIEHOUER
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House
1685
Tel +27 11 312 4088
VERVAARDIGER
Ceva-Phylaxia Veterinary Biologicals Co. Ltd
1107 Budapest
Szállás u. 5.
HONGARYE