‘n Geïnaktiveerde olie-emulsie entstof vir die inenting van gesonde voorafgeënte hoenders teen Newcastlesiekte (NS), Aansteeklike Brongitis (AB) en Aansteeklike Bursasiekte (ABS, Gumboro).
Hierdie entstof bevat ‘n geïnaktiveerde NS virus (SZ-LaSota stam), plus AB virus (M-41 stam), plus IBD virus (GP stam), in ‘n olie-emulsie. Minimum titer per dosis is 4 log2 HI or 50PD50 ND virus, 6 log2 HI IB en 3 log10 VN IBD virus. Maksimum inaktiveermiddel inhou < 150 µg/mℓ formaldehied.
SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
CEVAC® ND-IB-IBD K
Reg Nr G2825 Wet 36/1947
‘n Geïnaktiveerde olie-emulsie entstof vir die inenting van gesonde voorafgeënte hoenders teen Newcastlesiekte (NS), Aansteeklike Brongitis (AB) en Aansteeklike Bursasiekte (ABS, Gumboro).
BERGING
Berg in ‘n yskas teen 2 – 8 °C.
Beskerm teen sonlig. Moenie vries nie.
SAMESTELLING
Hierdie entstof bevat ‘n geïnaktiveerde NS virus (SZ-LaSota stam), plus AB virus (M-41 stam), plus IBD virus (GP-82 stam) in ‘n olie-emulsie.
Minimum titer per dosis is 4 log2 HI of 50PD50 ND virus, 6 log2 HI IB virus en 3 log10 VN IBD virus
Maksimum inaktiveermiddel inhoud < 150 µg/ml formaldehied.
WAARSKUWINGS
- Moenie hoenders slag vir menslike gebruik binne 6 weke na inenting.
- Slegs gesonde hoenders moet ingeënt word.
- Inenting van hoenders in produksie mag ‘n geringe afname in produksie tot gevolg hê.
- Binneaarse inspuiting moet vermy word.
- In gesonde hoenders word geen kliniese reaksie tot die inenting opgemerk nie. ‘n Ligte swelsel mag by die plek van inspuiting ontwikkel maar verdwyn na 2 – 3 weke.
- Om afkeurings te vermy, maak seker dat hoenders wat bemark word nie swelsels dra by die plek van inspuiting nie.
- Toevallige self-inspuiting mag aanleiding gee tot ‘n ernstige lokale allergiese reaksie. Raadpleeg ‘n geneesheer en verwittig hom/haar van die mineraalolie inhoud van die entstof.
- Na oopmaak van die bottel moet die inhoud daarvan binne 24 uur gebruik word.
- Vernietig enige oorblywende entstof deur bv verbranding; raak ontslae van alle leë entstofhouers en toebehore na inenting
- Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
- Alhoewel hierdie entstof breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS
- Voor-immunisering met ‘n ooreenstemmende lewendige virus entstof is belangrik vir effektiewe beskerming in die geval van Newcastlesiekte, Aansteeklike Brongitis en Aansteeklike Bursasiekte (Gumboro) .
- Moenie met enige ander entstof meng nie.
- Aseptiese voorsorgmaatreëls moet nagekom word. Die inentingsapparaat (naalde, spuite, ens) moet vooraf skoongemaak en gesteriliseer word.
- Dit is goeie inentingspraktyk, wanneer entstof hanteer word, om aanraking van die oë, hande en klerasie te vermy.
GEBRUIKSAANWYSINGS. Gebruik slegs soos aangedui.
Cevac® ND-IB-IBD K word vir gebruik by toekomstige teel en lê-troppe aanbeveel, 3 – 4 weke voor aanvang van lê. Voor gebruik, laat die entstof toe om geleidelik kamertemperatuur te bereik (20 - 25 °C). Skud goed voor gebruik en gereeld gedurende gebruik. Verwyder die aluminiumseël en die enstof is gereed vir gebruik. . Die entstofdosis is 0,5 mℓ, binnespiers (borsspier) of onderhuids (nek area) ingespuit. Teel- of lê tipe groepe behoort geïmmuniseer te word met NS, AB en ABS lewendige virus entstowwe ten minste 4 – 5 weke voor inenting met Cevac® ND-IB-IBD K, teen 16 – 20 weke ouderdom. (Binnespierse toediening: die naald moet in die rigting van die hoender se kop gerig word om te voorkom dat die naald die liggaamsholte binnedring). Kuikens uitgebroei uit eiers vanaf ingeente teelhoenders sal spesifieke maternale teenliggame hê.
AANBIEDING
500 dosisse (250 mℓl), 1 000 dosisse (500 mℓ), 3 000 dosisse (1 500 mℓ)
REGISTRASIEHOUER
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House
1685
Tel +27 11 312 4088
VERVAARDIGER
Ceva-Phylaxia Veterinary Biologicals Co. Ltd
1107 Budapest
Szállás u. 5
Hongarye