SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
CEVAC® IBird
Reg Nr G4033 Wet 36/1947
Zambië Reg Nr 348/712V Wet 3/2013
Zimbabwe Reg Nr 2016/80.23.17/9727 Wet 150/1991
'n Lewendige gevriesdroogde entstof vir hoenders vir die aktiewe immunisering teen ‘n variant stam van Aansteeklike Brongitis virus (AB).
BERGING
Berg in ‘n yskas by 2 – 8 ºC. Moet nie vries nie.
Beskerm teen sonlig.
SAMESTELLING
Hierdie entstof bevat ‘n lewendige geattenueerde AB virus, stam 1/96. Minimum titer per dosis is 102.8 EID50.
WAARSKUWINGS
- Moet nie voëls vir menslike verbruik slag vir ten minste 28 dae na inenting nie.
- Slegs gesonde hoenders moet ingeënt word.
- Verseker dat alle hoenders in die populasie ingeënt word, ingeënte hoenders kan die entstof stam uitskei tot 28 dae na inenting.
- Moet nie gebruik by voëls in lê of binne 4 weke voor die aanvang van die lê tydperk nie.
- Binneaarse inspuiting moet vermy word.
- Inenting van gesonde voëls kan veroorsaak dat matige respiratoriese tekens voorkom, wat kan bly vir 4 - 5 dae na inenting, afhangende van die gesondheid en behuisingskondisies van die hoenders.
- Sodra entstof hersaamgestel word, moet die inhoud daarvan binne 2 uur gebruik word.
- Vernietig enige oorblywende entstof en raak ontslae van alle leë entstofhouers na inenting voltooi is, in oorleg met die vereistes vir mediese afval.
- Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
- Alhoewel hierdie entstof breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS
- Moet nie met enige ander entstof meng nie.
- Gebruik aseptiese prosedure.
- Aseptiese voorsorgmaatreëls moet toegepas word. Maak seker dat alle toerusting skoon en steriel is voor gebruik.
- Dit is goeie inentingspraktyk, met die hantering van entstof, om kontak met die oë, hande en klere te vermy.
GEBRUIKSAANWYSINGS: GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI.
Vir die aktiewe immunisering van braaikuikens en lêhenne, om respiratoriese kliniese tekens wat veroorsaak word deur variant stamme van aansteeklike brongitis virus wat deel uitmaak van die 793/B-groep, te verminder,.
Aanvang van die immuniteit is 3 weke na een toediening van die entstof.
Duur van immuniteit is 6 weke.
Braaikuikens:
Een dosis van die entstof moet toegedien word deur growwe sproei vanaf 1 dag oud. Ouer hoenders kan ook ingeënt word deur growwe sproei.
Sproeimetode: Die entstof moet verkieslik in gedistilleerde water opgelos word, of alternatiewelik in koel, skoon chloorvrye water. Die toepaslike hoeveelheid bottels moet onder die water oopgemaak word. Die volume van die water vir die hersamestelling moet voldoende wees om ‘n eweredige verspreiding te verseker wanneer hoenders gesproei word. Dit sal wissel volgens die ouderdom van die hoenders wat ingeënt word en die bestuurstelsel, maar ten minste 250 mℓ water per 1 000 dosisse word voorgestel. Die entstof oplossing moet eweredig versprei word oor die korrekte aantal hoenders, op ‘n afstand van 30 – 40 cm, met behulp van ‘n growwe sproei, verkieslik wanneer die hoenders dig saam sit in dowwe lig. Die spuitapparaat moet vry van sedimente en korrosie wees, sowel as spore van ontsmettingsmiddels.
LêhenneEen dosis van die entstof moet toegedien word deur middel van drinkwater vanaf 10 dae ouderdom. Vir langdurige immuniteit kan hoenders elke 6 weke weer ingeënt word.
Die entstof moet opgelos word in die drinkwater. Die hoeveeheid water moet bereken word, gebaseer op die gemiddelde waterverbruik van die populasie wat geënt word in die vorige 4 dae voor inenting. Bereken die hoeveelheid water wat nodig is, sodat die entstof binne 2 ure verbruik word. Hierdie hoeveelheid moet ongeveer 30 % van die daaglikse inname wees.
Medikasie, ontsmettingsmiddels en chloor moet verwyder word uit die drinkwater 48 uur voor inenting.
Water moet teruggehou word voor inenting sodat hoenders dors is teen die tyd van inenting. Die tydperk vir water onttrekking is afhanklik van die klimaat. Waterweerhouding moet so kort as moontlik wees met ‘n minimum van 30 minute.
Inentingsprogram:
Die veearts moet die optimum inentingskedule bepaal volgens die plaaslike situasie.
AANBIEDING
500, 1 000, 2 500, 5 000 en 8 000 dosisse entstof.
REGISTRASIEHOUER
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House
1685
Tel +27 11 312 4088
VERVAARDIGER
CEVA Phylaxia Veterinary Biologicals Co. Ltd
1107 Budapest - Szállás, u.5
Hongarye