SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
CEVAC® IBD L
Reg Nr G2830 Wet 36/1947, Zambië Reg Nr 346/711V Wet 3/2013
INDIKASIES:
`n Lewendige entstof vir die inenting van gesonde hoenders teen Aansteeklike Bursasiekte (Gumboro, ABS).
BERGING:
Berg in 'n yskas teen 2 – 8 °C.
Beskerm teen sonlig.
SAMESTELLING:
Hierdie entstof bevat 'n Intermediêre Plus lewendige, gevriesdroogde ABS (Gumboro) virus (G-61 stam) van hoenderembrio oorsprong. Minimum titer per dosis is 102.0EID50.
WAARSKUWINGS:
Moenie hoenders slag binne 21 dae na inenting nie.
Hoenders wat klinies siek of swak is moet nie ingeënt word nie.
Hierdie entstof bevat 'n potensieël skadelike stam van aansteeklike bursasiekte, wat kliniese siekte onder hoenders wat geen maternale teenliggaampies het nie, kan veroorsaak.
Vernietig enige oorblywende entstof deur bv. verbranding; raak ontslae van alle leë entstofhouers en toebehore na inenting.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Alhoewel hierdie middel breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg 'n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS:
Moet nie met enige ander entstof meng nie.
Meng slegs die hoeveelheid entstof wat onmiddellik benodig word en gebruik onmiddellik. Gebruik alles op een slag en moet nie die dosis rek nie.
Dit is belangrik om toe te sien dat die drinkwater wat vir die toediening van entstof gebruik word, geen ontsmettingsmiddel en/of kloor bevat nie.
Dit is goeie entstofbeleid om nie toe te Iaat dat die entstof met menslike oë of slymvliese in aanraking kom nie.
Was en ontsmet hande met 'n ontsmettingsmiddel na inenting.
GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui.
Vir gebruik deur drinkwater metode alleenlik.
Vir drinkwater toediening vir hoenderkuikens van 7 dae oud en ouer.
Moet nie ontsmettingsmiddels, vir 48 uur voor inenting en 24 uur na inenting, in die drinkwater gebruik nie. Die drinkbakke moet deeglik gereinig word voor gebruik. Moet geen ontsmettingsmiddels gebruik gedurende die reinigingsproses nie.
Weerhou drinkwater van hoenders vir ongeveer 1 - 2 ure afhangende van die omgewingstemperatuur.
Die volume water moet bereken word volgens die aantal en ouderdom van hoenders wat ge-immuniseer moet word. Dit sal varieer volgens omgewingstoestande. 'n Aanduiding van die meng verhouding verskyn hieronder. Vir elke 1 000-dosis verpakking, meng die entstof met skoon, koel, ongeklorineerde water soos volg:
OUDERDOM | VOLUME BEHANDELDE WATER / HOENDER |
---|
1 – 2 weke | 10 – 20 mℓ |
3 – 8 weke | 20 – 30 mℓ |
8 weke en ouer | 40 mℓ |
Vir stabilisering van die entstof virus, voeg 2 g/ℓ (0,2 %) droë afgeroomde melkpoeier by 1 liter drinkwater wat gebruik word vir die meng van die entstof. Na vermenging van die entstof in die water, verdeel die behandelde water eweredig onder die hoenders. Verskaf genoeg entstofbehandelde water sodat dit binne 1 — 2 uur opgedrink sal word. Maak seker dat al die entstofbehandelde water opgedrink word voordat normale watervoorsiening hervat word.
Immuniteit ontwikkel binne 7 — 10 dae na die eerste inenting.
AANBIEDING:
1 000, 2 500 en 5 000 dosisse.
REGISTRASIEHOUER:
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House 1685
011 312 4088
VERVAARDIG DEUR:
Ceva – Phylaxia Veterinary Biologicals Co. Ltd
1107 Budapest