SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
CEVAC® CORYMUNE 4 K
Reg Nr G3799 Wet 36/1947
INDIKASIES:
‘n Geïnaktiveerde aluminium hidroksied suspensie entstof vir die inenting van gesonde, lêhenne en teelhoenders, tussen die ouderdom van 8 en 12 weke, teen Aansteeklike verkoue (Coryza) en as ‘n hulpmiddel teen Salmonella Enteritidis (SE) besmetting.
BERGING:
Berg in ‘n yskas teen 2 – 8 °C. Moet nie vries nie.
Beskerm teen sonlig.
Onbehoorlike berging van die entstof kan tot verlies aan effektiwiteit lei.
SAMESTELLING:
Hierdie entstof bevat geïnaktiveerde Avibacterium paragallinarum (voorheen Haemophilus paragallinarum) antigene (Serotipe A, B en C) en Salmonella Enteritidis antigene (faag tipe 13A, stam 038-090) met ‘n aluminium hidroksied adjuvant.
Minimum titer per dosis is 7 log10 KVE Avibacterium paragallinarum (voorheen Haemophilus paragallinarum) antigene (van elke serotipe A, B and C) en 4 log2 MAT Salmonella Enteritidis antigene.
WAARSKUWINGS:
Moenie hoenders slag vir menslike gebruik binne 6 weke na inenting nie.
Slegs gesonde hoenders moet ingeënt word.
Reaksies mag voorkom na inenting en mag swelsels en granulome by die inspuitingsplek insluit.
Om afkeurings te vermy, maak seker dat hoenders wat bemark word nie swelsels het by die plek van inspuiting nie.
Inenting van hoenders mag lei tot ‘n verlies aan eier produksie, as gevolg van hanteringsstres gedurende inenting.
Vernietig enige oorblywende entstof deur bv. verbranding; raak ontslae van alle leë entstofhouers en toebehore na inenting voltooi is.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Alhoewel hierdie middel breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS:
Moenie met enige ander entstof meng nie.
Aseptiese voorsorgmaatreëls moet toegepas word. Maak seker dat alle inentingstoerusting (naalde, spuite, ens.) skoon en steriel is voor gebruik.
Moet nie kontamineer met ontsmettingsmiddels of spiritus nie.
Gebruik die inhoud van die bottel binne 24 uur nadat dit oopgemaak is. Moet nie gedeeltelik gebruikte houers berg vir toekomstige gebruik nie.
Dit is goeie entstofbeleid om nie toe te laat dat die entstof met menslike oë of slymvliese, hande of klerasie in aanraking kom nie.
Was en ontsmet hande met ‘n ontsmettingsmiddel na inenting.
GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui.
Cevac® Corymune 4 K word aanbeveel vir die inenting van gesonde, lêhenne en teelhoenders, tussen die ouderdom van 8 en 12 weke, teen Aansteeklike verkoue (Coryza) en as ‘n hulpmiddel teen Salmonella Enteritidis (SE) besmetting.
Teel of lêtroppe moet 4 tot 6 weke later weer teen dieselfde siektes ingeent word met ‘n geïnaktiveerde olie adjuvant entstof.
Skud entstof goed voor en gedurende gebruik.
Gebruik aseptiese tegniek.
Voor gebruik, laat die entstof toe om geleidelik kamertemperatuur (25 ˚C) te bereik.
Maak seker van die akkuraatheid van die spuit, om te verseker dat die korrekte dosis aangewend word.
Die dosis is 0,5 mℓ per hoender en word onderhuids of binnespiers toegedien.
Die voorkeur plek vir onderhuidse toediening is onder die vel aan die agterkant van die nek, halfpad tussen die kop en liggaam en in ‘n rigting weg van die kop af. Moet nie inspuit naby die kop nie. Moet nie in die spierweefsel of nekwerwels spuit nie.
Die voorkeur plek vir binnespierse toediening is die borspier, die naald moet in die rigting van die hoender se kop gerig te word om te voorkom dat die naald die liggaamsholte binnedring.
AANBIEDING:
500 mℓ plastiek bottel wat 1 000 dosisse bevat.
REGISTRASIEHOUER:
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
HALFWAY HOUSE
1685
011 312 4088
VERVAARDIG DEUR:
Ceva – Phylaxia Veterinary Biologicals Co. Ltd
1107 Budapest
Szállás u.5. Hungary