SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
CEVAC® BRON 120 L
Reg Nr G2834 Wet 36/1947, Zambië Reg Nr 346/725V Wet 3/2013
‘n Lewendige gevriesdroogde entstof vir die inenting van gesonde toekomstige lê- en teelvervangingshennetjies teen aansteeklike brongitis (AB) vanaf die eerste dag van ouderdom deur middel van die oogdrup toedieningsmetode, as ‘n opvolg inenting later deur middel van die drinkwatermetode.
BERGING
Berg in ‘n yskas teen 2 – 8 °C. Moet nie bevries nie. Onbehoorlike berging kan verlies aan effektiwiteit meebring. Beskerm teen sonlig.
SAMESTELLING
Hierdie entstof bevat ‘n lewendige gevriesdroogde AB virus (H0120), Massachusetts stam. Minimum titer per dosis is 103,3 EID50.
WAARSKUWINGS
Moenie hoenders slag binne 21 dae na inenting nie.
Hoenders wat klinies siek of swak is behoort nie ingeënt te word nie.
Alle vatbare hoenders op dieselfde perseel moet op dieselfde tyd ingeënt word.
Die entstof moet versigtig gebruik word in die teenwoordigheid van ongeënte hoenders. Aansteeklike Brongitis is hoogs aansteeklik gedurende die periode wanneer respiratoriese tekens sigbaar is, vir ongeënte hoenders in kontak met geënte hoenders. By uitsondering, na inenting, kan katarale respiratoriese simptome op dag 4 tot 6 voorkom maar sal binne ‘n paar dae verdwyn.
Vernietig enige oorblywende entstof deur bv verbranding; raak ontslae van alle leë entstofhouers en toebehore na inenting.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone of diere.
Alhoewel hierdie entstof breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS
Meng slegs die hoeveelheid entstof wat onmiddelik benodig word en gebruik dit dadelik. Wanneer die bottel oopgemaak word, moet die hele inhoud opgebruik word.
Moet nie die dosis probeer rek nie.
Dit is goeie entstofbeleid om nie toe te laat dat die entstof met menslike oë of slymvliese in aanraking kom nie.
Was en ontsmet hande met ‘n ontsmettingsmiddel na inenting.
GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui.
Hierdie entstof kan dmv die drinkwatermetode toegedien word.
Hoenders kan dmv die oogdruppelmetode met CEVAC® BRON 120 L ingeënt word vanaf dagoud. ‘n Opvolg inenting kan vier weke later dmv die drinkwatermetode toegedien word.
Drinkwatermetode:
Die drinkbakke moet voor gebruik deeglik skoongemaak word. (Moenie ontsmettingsmiddels gedurende die skoonmaakproses gebruik nie aangesien die ontsmettingsmiddelreste die virus kan vernietig). Drinkwaterhouers moet vry wees van alle ontsmetmiddels en medikamente vir 48 uur voor inenting en 24 uur na inenting. Weerhou water van die hoenders totdat hulle dors is, ongeveer 1 – 2 uur voor inenting, afhangende van omgewingstemperatuur. Los die entstof op met skoon, koel, ongechlorineerde water. Mengverhoudings kan varieër afhangend van die ouderdom van die hoenders, omgewingstemperature, ens. ‘n Aanduiding van die verhouding volg.
Vir elke 1 000 dosis verpakking, meng die entstof met skoon, koel, ongeklorineerde water as volg:
OUDERDOM | VOLUME WATER | DOSISSE |
---|
10 – 14 dae | 10 – 15 liters | 1 000 |
2 – 8 weke | 20 – 30 liters | 1 000 |
Ouer as 8 weke | 40 liters | 1 000 |
Vir stabilisering van die entstof virus, voeg 2 g droë afgeroomde melkpoeier by 1 liter drinkwater (0,2 %) wat gebruik word vir die meng van die entstof.
Na vermenging van die entstof in die water, verdeel die behandelde water eweredig onder die hoenders. Verskaf genoeg entstofbehandelde water sodat dit deur al die hoenders opgedrink word. Maak seker dat al die entstofbehandelde water opgedrink word voordat normale watervoorsiening hervat word.
Oogdruppelmetode:
Rehidreer die entstof met skoon, koel ongechlorineerde water soos volg – 1 000 dosisse per 30mℓ.
Hou die kuiken wat ingeënt moet word met die kop skuins na een kant om sodoende onbelemmerde toegang tot een van die oë te hê. Hou die plastiek bottel wat die entstof bevat in ‘n vertikale posisie. Druk die sykante van die bottel liggies om een druppel van die entstof in die kuiken se oog vry te stel. Maak seker dat die enstof oor die oppervlak van die oog versprei. Daar is gewoonlik ‘n outomatiese refleks reaksie wat dien om die entstof oor die oogoppervlak te versprei sodra die entstof in die oog gedrup word. Moet nie die kuiken laat gaan voor ‘n sluk beweging waargeneem is nie.
AANBIEDING
1 000, 2 000, 2 500 and 5 000 dosisse in ‘n 3 of 10 mℓ glas bottel.
REGISTRASIEHOUER
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House
1685
011 312 4088
VERVAARDIG DEUR
Ceva-Phylaxia Veterinary Biologicals Co. Ltd
1107 Budapest
Szállás u. 5. HUNGARY