‘n Antiparasitiese middel vir beeste.
Gebruik slegs as ‘n onderhuidse inspuiting.
Dosis vir beeste: 1 mℓ/50 kg liggaamsmassa (200 µg/kg Ivermektien plus 2,0 mg/kg Klorsulon).
SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
(1)* (6)**
CEVA SUPER
Reg Nr G4153 Act 36/1947
‘n Antiparasitiese middel vir beeste.
VERSIGTIG
BERGING
Berg in ‘n koel plek en beskerm teen direkte sonlig.
SAMESTELLING
Ivermektien 1,0 % m/v
Klorsulon 10,0 % m/v
WAARSKUWINGS
- Moenie diere vir menslike verbruik binne 49dae na behandeling slag nie.
- Moenie behandelde beeste se melkof melkprodukte vir menslike verbruik gebruik nie.
- Gebruik slegs as ‘n onderhuidse inspuiting.
- Hou buite die bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
- Alhoewel hierdie middel breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS
- Berg op ‘n veilige plek.
- Moenie rook of eet tydens hantering van produk nie.
- Was hande deeglik na gebruik.
- Dit word aanbeveel dat alle beeste teen Klostridiale siektes (bv. sponssiekte), ingeënt word, voor behandeling met Ceva Super.
GEBRUIKSAANWYSINGS: GEBRUIK SLEGS SOOS AANGEDUI.
Gebruik slegs as ‘n onderhuidse inspuiting.
Dosis vir beeste: 1 mℓ/50 kg liggaamsmassa (200 µg/kg Ivermektien plus 2,0 mg/kg Klorsulon).
Gebruikgeskikte naalde (bv. 18 maat x 20 mm) wat aan steriele toerusting gekoppel is en werk asepties.
Spuit beeste onder die los vel op die kant van die nek of agter die blad.
Moet nie meer as 15 mℓ by een inspuitplek spuit nie.
INSPUITINGS TABEL
Beeste |
---|
Lewende massa (kg) | Dosis (mℓ) |
Up to 50 50 - 75 75 - 100 100 - 150 150 - 200 200 - 250 250 - 300 300 - 400 400 - 500 | 1,0 1,5 2,0 3,0 4,0 5,0 6,0 8,0 10,0 |
BEESTE
Inwendige parasiete:
Doeltreffend teen die volgende inwendige parasiete:
Wurmspesie | Volwasse | Beheer Herbesmetting |
---|
Haarwurm (Haemonchus) | * | 14 dae |
Bruinmaagwurm (Ostertagia) | * | 21 dae |
Bankrotwurm (Cooperia) | * | 14 dae |
Haakwurm (Bunostomum) | * | - |
Knoppieswurm (Oesophagostomum) | * | 21 dae |
Longwurm (Dictyocaulus) | * | 21 dae |
Oogwurm(Thelazia) | * | |
Lewerslak (Fasciola hepatica) | * | |
Valskneusing (Parafilaria bovicola) | ** | |
Definisie: * Beheer: 90 % effektief
** Hulpmiddel in die beheer: 60 – 89 % effektief
AANBIEDING
500 mℓ
RegistraSIEHOUER
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House
1685
Tel. +27 11 312 4088
(1)* Makrosikliese laktoon
(6)** Sulfonamied