Biaprim Orale Oplossing word aanbeveel vir die behandeling van infeksies in pluimvee veroorsaak deur bakterië wat sensitief is vir sulfadiasien en trimetoprim.
Sulfadiasien Natrium 20 %
Trimethoprim 4 %
SLEGS VIR DIEREGEBRUIK
BIAPRIM Orale Oplossing
Reg Nr G2430 Wet 36/1947
INDIKASIES:
Biaprim Oral Solution word aanbeveel vir die behandeling van infeksies in pluimvee, veroorsaak deur bakterië wat sensitief is vir sulfadiasien en trimetoprim.
BERGING:
Berg in ‘n koel droë plek onder 25 °C.
SAMESTELLING:
Elke 100 mℓ bevat:
Sulfadiasien Natrium 20 g
Trimetoprim 4 g
WAARSKUWINGS:
Onttrekkingsperiode: Vleis - 3 dae
Moet nie lê-henne behandel waar eiers gebruik word vir menslike verbruik nie.
Hou buite die bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Alhoewel hierdie middel breedvoerig onder ‘n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg ‘n veearts en verwittig die registrasiehouer.
VOORSORGMAATREËLS:
Berei elke dag ‘n nuwe oplossing voor.
Moenie hervermeng agv die risiko dat kristalisasie van produk sal plaasvind teen sterker konsentrasies.
Verseker dat voldoende water beskikbaar is tydens die behandelingstydperk.
GEBRUIKSAANWYSINGS: Gebruik slegs soos aangedui.
Pluimvee: 5 dae in drinkwater
Voorkoming: 0,5 mℓ / liter drinkwater
Behandeling: 1 mℓ / liter drinkwater
AANBIEDING:
5 ℓ,
REGISTRASIEHOUER:
Szyndra International Development Links
Reg. Nr. CK 98/67896/23
Posbus 11331
Erasmuskloof, 0048
VERSPREI DEUR:
Ceva Animal Health (Edms) Bpk
Reg Nr 1973/016009/07
Posbus 7707
Halfway House, 1685
011 312 4088